Vuurwapenbeheerwysigingswet – Minister uit voeling

Die Minister van Polisie, mnr Bheki Cele, se opmerking dat om landsburgers te bewapen nie die land se hoë misdaadsyfer gaan oplos nie, is aanduidend van sy totale miskenning en wanpersepsie wat betref die regte van die gemeenskap. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) op ’n onlangse verklaring deur die ministerie van polisie. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vuurwapenbeheerwysigingswet – Minister uit voeling

Vuurwapenbeheerwet – landbou skop vas

“Selfverdediging is elke mens se reg en kan nie deur die staat aanbande gelê word nie.” Dit was die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) nadat die nuut voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet Vrydagaand in die Staatskoerant afgekondig is. Die wysigings behels onder meer dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging verwyder word. “Die blote gedagte […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vuurwapenbeheerwet – landbou skop vas

7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

7 000 skape is sonder weiding nadat bykans 30 000ha gister, 20 Mei, in die Boshof/Dealesville-area tydens ‘n wegholveldbrand verwoes is. Talle stuks vee en wild is ook doodgebrand. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê dat die sterk wind wat Donderdag in die area voorgekom het die beheer van die brand bemoeilik […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

Sprinkane terroriseer areas in Wes-Vrystaat

Boere in die Hertzogville- en Boshof-omgewing in die Wes-Vrystaat is die afgelope naweek deur ‘n donker sprinkaanwolk begroet toe ‘n groot swerm vanaf die Noord-Kaap oorgewaai het. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), bevestig dat skakeling met die hoof van die Vrystaatse departement van Landbou, dr TJ Masiteng, en die bestuurder van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sprinkane terroriseer areas in Wes-Vrystaat

Vrystaat Landbou ondersteun Nersa in opponering van Eskom-hofaansoek

Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ‘n verklaring gesê dat hulle die nasionale energiereguleerder, Nersa, se mediaverklaring van 10 Mei 2021 ten volle ondersteun. In die verklaring versoek Nersa dat alle belanghebbendes hulle steun om die hof se hersiende aansoek teen te staan. “Ons is van mening dat die hofbeslissing in die guns van Eskom, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou ondersteun Nersa in opponering van Eskom-hofaansoek

300 plaasaanvalle en moorde in Vrystaat sedert 2016, sê Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) het bevestig dat daar gedurende 1 April 2016 tot en met 31 Maart 2021 reeds 298 plaasaanvalle, wat 37 moorde insluit, op landbougrond in die Vrystaat plaasgevind het. Landbougemeenskappe is onder beleg deur dié tipe ernstige geweldsmisdade. Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, noem in haar verslag dat 143 kommersiële en opkomende […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 300 plaasaanvalle en moorde in Vrystaat sedert 2016, sê Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou wil landbougemeenskappe bemagtig met gestandaardiseerde, geakkrediteerde veiligheidsopleiding

Vrystaat Landbou (VL) wil ’n proaktiewe misdaad omgewing skep en het daarom ʼn memorandum van verstandhouding met ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy onderteken om gestandaardiseerde en geakkrediteerde veiligheidsopleiding aan landbougemeenskappe te bied. Die opleiding sal in samewerking met VL-strukture geskied. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, noem dat die fokus van die opleiding hoofsaaklik […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou wil landbougemeenskappe bemagtig met gestandaardiseerde, geakkrediteerde veiligheidsopleiding

Vrystaat Landbou verwelkom LUR se intervensie in Klaarwater area

Die LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, mnr Sam Mashinini, het op 28 April tydens die oorgrens vergadering op die plaas Klaarwater in die Zastron-distrik, die versekering gegee dat verskeie aspekte daadwerklike aandag sal geniet. Verskeie rolspelers vanuit Lesotho en Suid-Afrika waaronder die SANW, SAPD, plaaslike landbougemeenskappe en eweknieë uit Lesotho het byeengekom om die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou verwelkom LUR se intervensie in Klaarwater area

Landbou rolspelers vergader met LUR om onwettige instromings vanuit Lesotho te bespreek

Die Vrystaatse LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, mnr Sam Mashinini, vergader op 28 April met verskeie rolspelers uit Lesotho en Suid-Afrika om die onwettige instroming van Lesotho-burgers in die Klaarwater-area op spesifieke roetes en plase vanuit Lesotho te bespreek. Rolspelers waaronder die SANW, SAPD, plaaslike boeregemeenskappe en eweknieë uit Lesotho sal tydens die oorgrens […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Landbou rolspelers vergader met LUR om onwettige instromings vanuit Lesotho te bespreek

Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevaar en risiko’s na eerste ryp in Vrystaat

Boere hoop vir nog drie weke grasie tydperk teen die winterkoue, sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes. Ryp het die afgelope drie oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom. Volgens Johan Fourie, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het nag temperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus laag […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevaar en risiko’s na eerste ryp in Vrystaat