Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer van Oudtshoorn, Ernst van Biljon, is vanoggend oorlede na ‘n motorfietsongeluk. Hy was tussen 07:30 en 08:00 na De Rust onderweg toe die motorfiets by padverleggings die pad verlaat het. Die beseerde Van Biljon het aan paramedici gesê sy rug en skouer het seergekry, maar dit blyk dat hy toe met asemhaling begin […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

Vroue ongedeerd na hul voertuig aan die brand slaan in Oudtshoorn

Twee vroue is ongedeerd nadat hulle voertuig vanoggend omstreeks 10:00 aan die brand geslaan het. Volgens die bestuurder was sy op pad om ‘n kwotasie te kry vir herstelwerk aan die motor. Sy het by ‘n stopstraat stilgehou en toe sy in Voortrekkerweg indraai het die enjin aan die brand geslaan. Personeel van Winston Linford […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vroue ongedeerd na hul voertuig aan die brand slaan in Oudtshoorn

Só maak jy jou motor ‘n teiken vir grypdiewe

Grypdiewe blyk hulle messe uit te hê vir niksvermoedende motoriste, soos ‘n video wat onlangs die rondtes op sosiale media gedoen het aandui. Die video toon hoe twee boewe ‘n motoris in Johannesburg – helder oordag en in druk verkeer – aanval en beroof. Dit volg kort op die hakke van ‘n soortgelyke geval in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Só maak jy jou motor ‘n teiken vir grypdiewe

Ses mense beseer in botsing in Robinsonpas

Ses mense het met geringe beserings daarvan afgekom toe hulle Ford-motor op die Robinsonpas op die R328 tussen Oudtshoorn en Mosselbaai in ‘n botsing betrokke was. Die botsing het kort voor 08:00 plaasgevind. Die oorsaak van die botsing, waar die motor na bewering in die rigting van Mosselbaai gery het en aan die teenoorgestelde kant […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ses mense beseer in botsing in Robinsonpas

Botsing deskundige bespreek “doenlysie” vir enige motoris na ‘n ongeluk

Hiermee inligting rakende die radio verskyning wat Stan Bezuidenhout van Crash Guys Internasionaal op Pretoria FM Radio gemaak het, om sy doenlysie met pad-verbruikers te deel. [Stan Bezuidenhout, Botsing Deskundige van Crash Guys Internasionaal (in Suid-Afrika & VSA gevestig)] Klankkoerant – Esmarie:  Waarom het julle besluit om ‘n doenlysie saam te stel vir mense wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Botsing deskundige bespreek “doenlysie” vir enige motoris na ‘n ongeluk

Soveelste botsing by berugte kruising in Oudtshoorn

Die soveelste botsing hierdie jaar het vanmiddag omstreeks 12:40 by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat plaasgevind. Dit blyk dat die bestuurder van ‘n Hyundai met Van der Rietstraat onderweg was en toe by stopstraat voor ‘n Ford bakkie in gery het. Die Ford was met Baron van Reedestraat in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Soveelste botsing by berugte kruising in Oudtshoorn

Duitse toeriste in noue ontkoming met botsing by verkeerspunt

Twee Duitse toeriste is ongedeërd toe hulle motor van agter deur ‘n afleweringsvoertuig getref is. Die paartjie was na Calitzdorp onderweg en het by ‘n verkeersbeheerpunt stilgestaan toe hulle van agter getref is. Die slag het hulle motor laat omslaan. Die passasier in die voertuig is fisies gestrem en kon nie self uit die wrak […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Duitse toeriste in noue ontkoming met botsing by verkeerspunt

Twee sterf na voertuig rol buite Oudtshoorn

Twee persone is gisteraand dood en twee is beseer na ‘n ongeluk op die Kammanassie | Rooiheuwelpad. Sover vasgestel kan word het die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor. Die motor het die pad verlaat en gerol. Een van die oorledenes het onder die voertuig vasgesit. Inwoners wat naby die ongelukstoneel woon […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf na voertuig rol buite Oudtshoorn

Polisiekonstabel rol voertuig tussen Oudtshoorn en George

‘n Polisiekonstabel wat ‘n kursus in Oudtshoorn bywoon se pretrit met ‘n amptelike voertuig het Dinsdagoggend net buite Oudtshoorn in ‘n botsing geëindig. Die botsing het omstreeks 00:40 op die George-pad net na die afdraai na Bakenskraal plaasgevind. Volgens inwoners van ‘n nabygeleë huis het hulle ‘n harde slag gehoor en toe die motor op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisiekonstabel rol voertuig tussen Oudtshoorn en George

Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!!

Hier is padwoede op die R59 by die Boy Louw-afrit  by Vereeniging rigting Meyerton (19 Junie 2018). Let op die wit bakkie in die regterbaan voor my wat, sodra hy langs die kar aan sy linkerkant kom, goeters begin beduie en hom letterlik uit sy baan uit dwing en dan ook rem trap. Toe hy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!!