Vragmotor met veevoer rol in Meiringspoort
28
November
‘n Vragmotor met voer het vanmiddag by Wasgatdrif in Meiringspoort omgeslaan. Die bestuurder is lig beseer. Sy passasier het sy sleutelbeen gebreek en snywonde opgedoen. Die vragmotor was vanaf Kimberley na Riversdal onderweg. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. [Oudtshoorn Courant]