Die polisie se bomverwyderingspan is by Preller Square in Bloemfontein

Die area by die Preller Square-winkelsentrum in Bloemfontein was Vrydagoggend gesluit vir die publiek, ná ‘n insident vroeër. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het aan Rosestad-nuus bevestig dat die polisie se bomverwydering- en plofstofbeheerspan op die toneel is. Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie. Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Posted on by support

Comments Off on Die polisie se bomverwyderingspan is by Preller Square in Bloemfontein

Toename in saaddiefstal vanaf Vrystaatse plase

Vrystaat Landbou (VL) het sy kommer uitgespreek oor die toename in saaddiefstal wat sedert September 2025 vanaf plase in die Vrystaat plaasvind. Volgens dr Jane Buys, Veiligheid risiko-analis, is areas wat alreeds geteiken is onder meer Reitz, Ventersburg, Viljoenskroon en Wesselsbron. Mielie- en sonneblomsaad waarvan die waarde miljoene rande beloop, is vanaf plase gesteel en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toename in saaddiefstal vanaf Vrystaatse plase

Clocolan-Marquard-gemeenskap gaan padsluiting afdwing oor regering se gebrek aan optrede op die R708

Die Clocolan Landbouvereniging, plaaslike taxiverenigings en sakeleiers het formele kennisgewing uitgereik van die beplande sluiting van die R708 tussen Clocolan en Marquard, in ‘n poging om dringende herstelwerk aan hierdie lewensgevaarlike pad te doen. Hierdie aksie volg jare se onsuksesvolle pogings om regeringsowerhede te betrek, insluitend talle vergaderings, skriftelike voorleggings en appèlle. Chris Bender, wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Clocolan-Marquard-gemeenskap gaan padsluiting afdwing oor regering se gebrek aan optrede op die R708

Vrystaat Landbou (VL) veroordeel ten sterkste die wrede doodmaak van 13 koeie en 5 kalwers op ‘n grensplaas in die Wepener-gebied

Vrystaat Landbou (VL) veroordeel ten sterkste die wrede doodmaak van 13 koeie en 5 kalwers op ‘n grensplaas in die Wepener-gebied op 23 Mei 2025. Francois Wilken, President van VL, het ‘n sterk beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om die skuldiges sonder versuim voor die gereg te bring. Die naam van die boer […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou (VL) veroordeel ten sterkste die wrede doodmaak van 13 koeie en 5 kalwers op ‘n grensplaas in die Wepener-gebied

Lede se stem die belangrikste by VL Kongres

“Ons lede is die belangrikste spreker by Vrystaat Landbou (VL) se kongres,” sê VL President Francois Wilken. VL vier vanjaar sy 120ste bestaansjaar by die kongres, die hoogste gesag van die organisasie, wat op 7 en 8 Augustus 2024 net buite Bloemfontein plaasvind. “VL het in die laaste jare wegbeweeg van slegs hoë-profiel sprekers wat […]

Posted on by Media

Comments Off on Lede se stem die belangrikste by VL Kongres

Virseker en Afrikaans Is Groot gee wollies diere hoop, moedig publiek aan om hand by te sit

Die honde by Wollies Animal Shelter in Pretoria was in vir ‘n reuseverrassing toe Virseker en Hamilton Wessels vandag daar opgedaag het om ‘n belofte wat ‘n Afrikaans is Groot-wenner gemaak het te vervul. Hannelie Minnaar van Doornpoort in Pretoria het einde verlede jaar ‘n Virseker en Afrikaans is Groot krap-en-wen kompetisie gewen waar sy […]

Posted on by Media

Comments Off on Virseker en Afrikaans Is Groot gee wollies diere hoop, moedig publiek aan om hand by te sit

Voorkomings-maatreëls teen veldbrande nou dringend, sê Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) wil graag boere in die provinsie versoek om tydige voorbereiding vir die voorkoming van veldbrande te tref. Volgens Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Natuurlike Hulpbronne komitee, verskaf die Vrystaat-provinsie se goeie grasbedekking brandstof vir veldbrande. Die weertoestande wat tans ondervind word verhoog die risiko vir wydverspreide veldbrande. Daarom skakel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Voorkomings-maatreëls teen veldbrande nou dringend, sê Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou lei nog 16 private ondersoekers op om veediefstal te bekamp

Vrystaat Landbou, in samewerking met die privaat sekuriteitsmaatskappy LGV, het die afgelope 2 dae 16 bykomende Psira geregistreerde privaat ondersoekers op veediefstal opgelei. Dit bring die totale aantal ondersoekers op 21 te staan. Volgens Peet Swanepoel, provinsiale koördineerder vir die PSIRA privaat ondersoekers, volg die opleiding op versoek van verskeie Vrystaatse boerderygemeenskappe waar veediefstal hoogty […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou lei nog 16 private ondersoekers op om veediefstal te bekamp

Vrystaat boere raadop oor toenemende mieliediefstal

Boere in die Vrystaat is raadop met die toenemende diefstal van mielies wat in verskeie dele van die provinsie voorkom. Rudi Jansen van Vuuren, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Allanridge/ Odendaalsrus-area, sê dat daar in hul area beslis ‘n toename is in die tipe diefstal in vergelyking met vorige jare. Hy sê dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat boere raadop oor toenemende mieliediefstal

Vrystaat Landbou loods die naspeurbaarheid-en-veiligheidstelsel van vee

Die 1ste Bek-en-klouseer-uitbraak in die Vrystaat het aansienlike finansiële gevolge vir die provinsie se vee-waardeketting gehad. Boere, agente, afslaers, voerkrale, abattoirs en uitvoerders is ernstig hierdeur beïnvloed. Daarom het lede van Vrystaat Landbou (VL) gedurende die organisasie se 2022 Kongres opdrag aan VL gegee om ‘n diere-naspeurbaarheid- en veiligheidstelsel dringend te ondersoek om verdere risiko’s […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou loods die naspeurbaarheid-en-veiligheidstelsel van vee