3 SA-geboude Toyotas in Top10 in Dakar 2017

BUENOS AIRES, ARGENTINIË – Die 2017-Dakar het pas in die Argentynse hoofstad Buenos Aires geëindig nadat die deelnemers Sneltrajek 12 van die wêreld se strafste motorren afgelê het. Die ren, wat oor dertien dae in Paraguay, Bolivië en Argentinië beslis is, het drie Suid-Afrikaaans-geboude Toyota Hilux-renvoertuie onder die Top 10 opgelewer. Nani Roma en sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 3 SA-geboude Toyotas in Top10 in Dakar 2017

Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

RÍO CUARTO, ARGENTINIË – Sneltrajek 11 van die 2017-Dakar was nog ’n lang, warm geswoeg vir die renjaers wat aan die wêreld se moeilikste motorren deelneem. Vir Toyota Gazoo Racing SA was dit egter ook ’n benoude voorlaaste sneltrajek in die byeenkoms waartydens Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, hul algehele posisie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

Rusdag bied blaaskans op halfpadmerk in Dakar 2017

LA PAZ, BOLIVIË – Die naweek het ’n welkome ruskans ná die eerste helfte van die 2017-Dakar gebied en die deelnemers kon effens op dié sogenaamde “rusdag” van die ren oor twaalf sneltrajekte ontspan. Hoewel die rusdag die renjaers en hul navigators ’n blaaskans gee, is dit een van die besigste dae vir die tegniese […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Rusdag bied blaaskans op halfpadmerk in Dakar 2017

Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017

SAN SALVADOR DE JUJUY, ARGENTINIË – Sneltrajek 3, wat as opwindende wipplankstryd tussen die voormalige Dakar-wenners Nasser Al-Attiyah (Toyota Gazoo Racing SA) en Stephane Peterhansel (Peugeot) begin en ’n kop-aan-kop-stryd in die sneltrajek oor 364 km geword het, het in teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA geëindig toe Al-Attiyah die vering van sy Toyota Hilux […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017

Stewige vertoning deur Toyota Gazoo Racing SA in sneltrajek 2 van Dakar 2017

SAN MIGUEL DE TUCUMÁN, ARGENTINIË – Sneltrajek 2 van die 2017-Dakar het tot nog ’n puik vertoning deur die Toyota Gazoo Racing SA-renspan gelei toe Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), die tweede vinnigste rentyd van die dag losgejaag het. Hul spanmaats, Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz (#302), was […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stewige vertoning deur Toyota Gazoo Racing SA in sneltrajek 2 van Dakar 2017

Groot opwinding toe Toyota Gazoo Racing SA openingsneltrajek van Dakar 2017 wen

RESISTENCIA, ARGENTINIË – Die 2017-Dakar-ren het op volmaakte wyse vir die Toyota Gazoo Racing SA-renspan begin toe Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), die openingsneltrajek met Al-Attiyah se 26e sneltrajekoorwinning in die Dakar-ren gewen het. Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz (#302), het die vyfde vinnigste tyd van die dag […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot opwinding toe Toyota Gazoo Racing SA openingsneltrajek van Dakar 2017 wen

Toyota Gazoo Racing SA oorgehaal vir eerste sneltrajek van Dakar 2017

ASUNCIÓN, PARAGUAY – Vir die meeste mense is die eerste dag van die nuwe jaar tradisioneel ’n rusdag, maar die Toyota Gazoo Racing SA-renspan het Sondag 1 Januarie hul laaste renvoorbereiding vir die 2017-Dakar afgehandel, wat die seremoniële podiumgeselligheid in Asunción ingesluit het. Die seremoniële wegspring was ’n uithang-geselligheid waar elk van die deelnemers oor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA oorgehaal vir eerste sneltrajek van Dakar 2017

Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

ASUNCIÓN, PARAGUAY – Die laaste dag van 2016 was ’n miernes van bedrywighede vir die Toyota Gazoo Racing SA-renspan wat die immer belangrike administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke, die laaste hindernis voor die wegspring van die 2017-Dakar-ren, suksesvol afgehandel het. Die omvattende administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke moes deur alle spanlede, wat die bemanning insluit, gedoen word. Dit het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

Toyota Gazoo Racing SA-renspan onderweg ma Suid-Amerika

Terwyl die meeste Suid-Afrikaanse gesinne Sondag Kersdag gevier het, het die Toyota Gazoo Racing SA-renspan hul reis na Suid-Amerika vir die 2017-Dakar-ren begin. Die ren begin op 2 Januarie 2017 in Asunción, die hoofstad van die Paraguay, maar die span het nog tonne werk om te doen voordat die vlag vir die wegspring val. “Die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA-renspan onderweg ma Suid-Amerika

Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets

Die splinternuwe Toyota Gazoo Racing SA Hilux Evo het pas sy eerste toetslopie gehad toe Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, die rewolusionêre tweewielaangedrewe voertuig in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika deur sy passies gesit het. Dit was die Toyota Hilux Evo se eerste werklikheidstoetse en die aanvanklike uitslae is baie bemoedigend. “Dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets