Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

In ‘n gesamentlike operasie van die polisie en verkeersdepartemente, is taxis en herboude motors vanoggend vir padwaardigheid getoets. Die mobiele toetseenheid van die provinsiale departement van vervoer, is ingespan om alle minibus-taxis, huurmotors en motors waar veranderinge aan die onderstelle aangebring is, te toets. ‘n String voertuie moes vanoggend geduldig aan die bopunt van Voortrekkerweg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

Vrystaat Lanbou verwelkom veranderinge aan strategie vir veiligheid

“Die kern van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie (LBS) is om veiliger landbougemeenskappe te hê, maar dit kan slegs gebeur as almal daarby inskakel én ’n ingesteldheid van samewerking het.” Só sê Jakkals le Roux, Voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee. Die hersiene LBS lê groter klem op samewerking en daarom versoek VL alle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Lanbou verwelkom veranderinge aan strategie vir veiligheid

Voertuig rol buite Oudtshoorn na bestuurder vir ander vermoedelike dronk bestuurder moet uitswaai

‘n Goudkleurige Volkswagen Tiguan het naby die haarnaalddraai sowat 15 km buite Oudtshoorn op die George-pad omgeslaan nadat die bestuurder na bewering moes uitswaai vir ‘n rooi Volkswagen Polo wat van voor gekom en na die baan van die aankomende verkeer beweeg het. Die bestuurder van die Polo is op die toneel gearresteer omdat sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Voertuig rol buite Oudtshoorn na bestuurder vir ander vermoedelike dronk bestuurder moet uitswaai