Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere

“Die huidige verskriklike toestand van meeste van ons Vrystaatse paaie kan nie net aan die swaar reën toegeskryf word nie, maar aan swak bestuur en verwaarlosing deur die Vrystaatse regering.” Dit was die openingsverklaring van die memorandum wat Vrystaat Landbou (VL) vandag aan die Vrystaatse Premier oorhandig het tydens haar besoek aan die Hoopstad-omgewing. Volgens […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere

Departement kan nie teer lewer, boere herstel R505 en R59 uit eie sak

Nadat Mooiveld Boerevereniging van die Wesselsbron omgewing vir byna ’n jaar die departement van paaie moes smeek vir teer, het hul uit desperaatheid maar weer hand in eie sak gesteek om die R505 en R59 rybaar te kry. “Ons vra al sedert April 2021 dat die departement slegs die teer voorsien om die twee onderskeie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Departement kan nie teer lewer, boere herstel R505 en R59 uit eie sak

Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

As die paaie departement dit nie doen nie, doen ons dit self. Dit was die rede waarom talle boere en plaaswerkers van Reitz-Oos op 18 April, terwyl dieres van die land heerlik ontspan het tydens Paasnaweek, druk besig was om die S1421-pad(Reitz/Warden-grondpad) te herstel. Jan Briel, ’n boer van die omgewing, sê dat dié pad […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie

Dit is waarom boere in die Allanridge-omgewing vanoggend, 10 Mei 2022, die S-86 met bakkies en sleepwaens blokkeer het om hul misnoeë met die departement van paaie te demonstreer weens die departement van paaie se onvermoë om die R-30- pad te herstel. Die R-30-pad naby Allanridge, wat al as die ‘doodspad’ bekend staan, is al […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie