Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

‘n Motorfietsryer wat vroeër vandag in Meiringspoort in ‘n ongeluk betrokke was, is hospitaal toe geneem met ligte beserings. Hy was deel van groep motorfietsryers wat van Kimberley na Mosselbaai onderweg was. Hy was alleen op die 1600cc BMW toe hy in ‘n draai die pad byster geraak en op rotse onder in die rivierloop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

Duitse motorfietsryer beseer in botsing in Meiringspoort

‘n Motorfietsryer van Duitsland het gistermiddag ‘n beenbesering opgedoen tydens ‘n botsing met ‘n motor. Die toeris was deel van groep motorfietsryers wat gistermiddag in die rigting van Klaarstroom deur Meiringspoort onderweg was. Sover vasgestel kan word is hy ‘n ervare motorfietsryer, maar op ‘n stadium het hy aan die verkeerde kant van die pad […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Duitse motorfietsryer beseer in botsing in Meiringspoort

Vragmotorbestuurder beseer toe trok omrol in Meiringspoort

‘n Vragmotorbestuurder het ‘n snywond aan sy kop opgedoen toe sy vragmotor vanmiddag omstreeks 16:00 in Meiringspoort omgeslaan het. Hy was vanaf die Oos-Kaap na Riversdal onderweg met ‘n vrag mielies. Hy was alleen in die vragmotor. Oudtshoorn Courant 

Posted on by jonckie

Comments Off on Vragmotorbestuurder beseer toe trok omrol in Meiringspoort

Vragmotor met veevoer rol in Meiringspoort

‘n Vragmotor met voer het vanmiddag by Wasgatdrif in Meiringspoort omgeslaan. Die bestuurder is lig beseer. Sy passasier het sy sleutelbeen gebreek en snywonde opgedoen. Die vragmotor was vanaf Kimberley na Riversdal onderweg. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. [Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vragmotor met veevoer rol in Meiringspoort

Opruiming van diesel vind plaas na ongeluk in Meiringspoort

Die lang proses om te keer dat ongeveer 35 000 liter diesel stroomaf in Meiringspoort versprei, is volstoom aan die gang. Die diesel het gister in die rivier beland toe ‘n tenkwa met ‘n vrag diesel van 45 000 liter in Meiringspoort omgeslaan het. Die tenk het oopgeskeur en al die diesel het uitgeloop. Volgens […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Opruiming van diesel vind plaas na ongeluk in Meiringspoort

Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort

‘n Groep Chinese toeriste wat na Lesotho onderweg was, is vanmiddag tydelik in Meiringspoort gestrand nadat een van hulle voertuie in ‘n botsing betrokke was. Die agt toeriste was in ‘n Honda Jazz en ‘n ingevoerde Toyota deur die poort onderweg toe die bestuurder van die Toyota hom met ‘n draai misgis het, ‘n padteken […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort