Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

‘n Motorfietsryer wat vroeër vandag in Meiringspoort in ‘n ongeluk betrokke was, is hospitaal toe geneem met ligte beserings. Hy was deel van groep motorfietsryers wat van Kimberley na Mosselbaai onderweg was.

Hy was alleen op die 1600cc BMW toe hy in ‘n draai die pad byster geraak en op rotse onder in die rivierloop beland het. ‘n Ambulans wat toevallig vanaf Beaufort-Wes na Oudtshoorn onderweg was, het stilgehou en die man op die toneel behandel en hospitaal toe geneem.

Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

Comments are closed.