Veediefstal: ekonomiese sabotasie van die Landbou sektor

Die tekortkominge wat tans by Veediefstal Eenhede (VDE) in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) deur boerderygemeenskappe in die Vrystaat bespeur word, is bydraend tot wat bykans as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO). Jakkals le Roux, voorsitter van VL […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Veediefstal: ekonomiese sabotasie van die Landbou sektor

Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

“Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”. Dit was die boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan landbouers tydens die organisasie se virtuele kongres in Bloemfontein. Die Kwazulu-Natal onluste, verbrokkelende infrastruktuur, onveilige omgewings en verslegtende sosio-ekonomiere omstandighede dui daarop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

“Ons gaan dalk op ’n paar tone trap, maar gegewe die tyd en omstandighede waarin landbou homself op die oomblik bevind, is dit dalk nodig.” Dit is die mening van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), insake kwessies wat dié organisasie eersdaags op sy jaarkongres gaan bespreek. “Die meerderheid van Suid-Afrikaners is moeg vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

Vrystaat-brande: Veevoer is besig om op te raak.

Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ʼn verklaring gewaarsku dat die herhaalde veldbrande in die Vrystaat die weidingsveld ernstig beperk het. Volgens die Kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, Dr Jack Armour, is die 2021 veldbrande aansienlik meer as vorige jare. “Gegewe die bykomende voernood in droogte geteisterde gebiede, is die gras- en lusernvoorraad uiters beperk”. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-brande: Veevoer is besig om op te raak.

Golfdag-fondse gaan boerderygemeenskappe veiliger maak d.m.v. opleiding

Die beveiliging van boerderygemeenskappe in die Vrystaat was die oogmerk tydens Agriculture.golf se “Beskerm ons boere” golfdag. Opulentia Finansiële Dienste, Enslins ouditeure, Velox Carriers en Vrystaat Landbou (VL) het as vennote hande gevat om deur middel van die nie-winsgewende maatskappy, Agriculture.golf, ʼn gholfdag op 2 September ten bate van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidsfonds aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Golfdag-fondse gaan boerderygemeenskappe veiliger maak d.m.v. opleiding

Sentiment teen onteiening tydens openbare verhore

In ‘n onverwagse wending blyk dit dat die steun vir die onteieningswetsontwerp in die Vrystaat aansienlik verminder het. Openbare verhore is gedurende 26-29 Augustus regoor die Vrystaat gehou, om gemeenskappe die geleentheid te bied om aan die wetgewing oor die onteieningswetsontwerp deel te neem. Die resultaat van hierdie vergaderings het voorstanders van die onteieningswetsontwerp verras. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sentiment teen onteiening tydens openbare verhore