Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

“Ons gaan dalk op ’n paar tone trap, maar gegewe die tyd en omstandighede waarin landbou homself op die oomblik bevind, is dit dalk nodig.” Dit is die mening van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), insake kwessies wat dié organisasie eersdaags op sy jaarkongres gaan bespreek.

“Die meerderheid van Suid-Afrikaners is moeg vir korrupsie, werkloosheid, armoede en intimidasie wat hoofsaaklik deur die elite veroorsaak word”, meen Wilken. “Dit is tyd dat ons almal saamstaan om ’n verskil te maak en opstaan vir ons grondwetlike regte.”

Vrystaat Landbou bied op 22 September ’n virtuele kongres aan waar gefokus sal word op hoe landbouers, maar ook lede van die publiek, hul toekoms in die land kan verseker.

Temas wat aandag sal geniet is landelike veiligheid, eiendomsreg, rampe en infrastruktuur. Wilken nooi alle landbouers, asook lede van die publiek, uit om by die virtuele geleentheid in te skakel op Woensdag, 22 September vanaf 10:00vm. Die skakel na die geleentheid is op VL se webtuiste (www.vrystaatlandbou.co.za) en Facebook-blad beskikbaar.

Posted on by jonckie

Comments Off on Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

Category: Gesprek