2014-Opkikkerings vir Hilux, Fortuner en Toyota 86

’n Mens sou met die fokus op konsepmodelle soos die eksotiese Toyota FT-86-oopdak-koepee en toekomstige nuwelinge soos die 2014-Corolla vergewe kon word as jy een of twee opgekikkerde modelle midde die onlangse magdom produkbekendstellings by die Johannesburg Internasionale Motorskou (JIMS) misgekyk het. ’n Paar verfynde modelle van die wêreld se voorste motorvervaardiger het stil-stil ongemerk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 2014-Opkikkerings vir Hilux, Fortuner en Toyota 86

Geakrediteerde 4×4 opleiding in Bloemfontein 2-3 Nov 2013

African Off-Road Academy gaan nou in samewerking met 4×4 Megaworld geakrediteerde 4×4 opleiding aanbied in Bloemfontein aan die begin van November – en wel tydens 2-3 November. Die kostes is R1550.00pp en R2600.00 vir 2 gesins lede. of R1950.00 vir een persoon akkreditasie en een tag-along(Man en vrou). Die opleiding begin Sat oggend 8H00 tot 17H00 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Geakrediteerde 4×4 opleiding in Bloemfontein 2-3 Nov 2013

Landies knou mekaar in Bridgestone-uitdaging

Die voorlaaste ronde in Bridgestone se 4×4-klubuitdaging vir 2013, wat deur die Land Rover-eienaarsklub van Suid-Afrika aangebied is, was ’n riller van ’n byeenkoms. Die saamtrek, wat by die Leeuwenkloof-omgewingsgesinde 4×4-terrein naby Hartbeespoortdam gehou is, het meer as 30 Landies gelok – nuwe en ouer Defenders, Discovery’s en selfs ’n ou Range Rover. En hoewel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Landies knou mekaar in Bridgestone-uitdaging

Beste Jong Boer met ‘n Hilux Beloon!

Attie Scholtz, ’n boer van die Noord-Kaap, sal met ’n splinternuwe Toyota Hilux 2.7 VVTi-hoëromp-Raider-bakkie na sy plaas in die Douglas-omgewing terugkeer nadat hy die gesogte 2013-Agri SA / Toyota SA Jong Boer van die Jaar-toekenning gewen het. Scholtz is ná talle moordende uitdunrondes as die 2013-Jong Boer van die Jaar aangewys nadat hy aanvanklik […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beste Jong Boer met ‘n Hilux Beloon!

Bridgestone onthul nuwe Ecopia EP200

Johannesburg (25 Oktober 2013) Bridgestone Suid-Afrika het die koms van die Ecopia EP200, wat die vorige geslag Ecopia EP100A vervang, aangekondig. Die nuwe band pronk met Bridgestone se gepatenteerde Nano ProTech-tegnologie, ’n nuwe tegnologie wat die densiteit van die silika-molekules in die band se rubbersamestelling verhoog. Nano ProTech laat minder hitte opbou en verminder energie-verlies […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone onthul nuwe Ecopia EP200

Polokwane Tydren -Castrol Toyota Renspan sit sukses voort!

Die Castrol-Toyota-renspan het aan die einde van die Polokwane-tydren wat Saterdag in Limpopo beslis is, die sewende agtereenvolgende keer met die nuwe S2000-Yaris-tydrenmotor op die podium gestaan en weer die vervaardigersprys vir die byeenkoms gewen. Johnny Gemmell en Caroline Swan was die naaswenners in die byeenkoms en het die tweede posisie in die algehele kampioenskap […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polokwane Tydren -Castrol Toyota Renspan sit sukses voort!

Nuwe enjon vir Toyota se 2014 Dakar- Tydren Hilux

Toyota Motorsport Suid-Afrika keer in Januarie 2014 terug na Suid-Amerika vir die 35e Dakar-veldtydren in Argentinië, Bolivië en Chile nadat die span die internasionale veldtydrengemeenskap die afgelope twee jaar verras het deur eers derde en toe tweede in sy eerste twee probeerslae in die wêreld se langste en moeilikste motorren te eindig. Die 2009-Dakar-wenners en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe enjon vir Toyota se 2014 Dakar- Tydren Hilux

Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou

  ES 250 die eerste keer in die openbaar gewys LFA-Supermotor ook te sien Opkikkering vir RX-reeks Lexus het al sy modelle met kenmerkende lyne en stileringsveranderings hersien, waarvan die uurglasrooster en kenmerkende kop- en stertligte die opvallendste is. Hierdie ontwerpverbintenis word in die Lexus-tentoonstelling by vanjaar se Johannesburgse Internasionale Motorskou (JMS) weerspieël. Die tentoonstelling […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus by die Johannesburgse Internasionale Motorskou

Toyota in die kollig op Johannesburgse Internasionale Motorskou [JMS]

  Nuwe Corolla maak SA buiging Nuwe Etios Sport beperkte weergawe Nuwe bykomstighede vir Toyota 86 Opkikkerings vir 2014-Hilux Verfrisde 2014-Fortuner Radikale nuwe voorkoms vir 2014-Prado   Toyota keer terug na die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JMS) met ’n oorspronklike uitstalling wat deur origami aangespoor is en met golfontwerpelemente in pas met die fabrikaat se nuwe […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota in die kollig op Johannesburgse Internasionale Motorskou [JMS]

Yaris bied stewige uitdaging in Polokwane Tydren

Die Castrol-Toyota-renspan sal ná sy indrukwekkende vertoning in die onlangse Toyota-Kaap-handelaarstydren die krane hierdie naweek in die Polokwane-tydren in die Limpopo-provinsie behoorlik oopdraai. Johnny Gemmell en Carolyn Swan het in dié Wes-Kaapse byeenkoms tot net 1,8 sekondes van die span se eerste oorwinning in die nuwe vierwielaangedrewe 2013-Yaris S2000 gevorder. Hulle en hul spanmaats Leeroy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Yaris bied stewige uitdaging in Polokwane Tydren