Minister se erkenning van tekortkominge in die departement van landbou kommerwekkend

Die 2019/2020 verslag van die ouditeur-generaal toon eise van meer as R2 miljard wat teen die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming ingestel word weens die uitsetting van boere van hul winsgewende boerderyondernemings deur onbevoegde amptenare. Dit is onlangs deur minister Didiza in die parlement erken. Dit hou basies verband met staatsonteiening sonder vergoeding […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Minister se erkenning van tekortkominge in die departement van landbou kommerwekkend

Waarnemende polisie stasiebevelvoerder en sy makker aangekeer vir veediefstal in Frankfort

’n Waarnemende polisie stasiebevelvoerder en sy makker, ’n voorheen veroordeelde veedief, het gister in die Frankfort-hof op aanklag van veediefstal verskyn. Die mans is Maandag op heterdaad betrap waar hulle vyf skape op die plaas van Danie Muller gesteel het. Deon van der Watt, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) en boer in die Tweeling/ Frankfort-area, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waarnemende polisie stasiebevelvoerder en sy makker aangekeer vir veediefstal in Frankfort

Ficksburg-protes werp vrugte af

ʼn Gemeenskap wat vir ’n gesamentlike doel protes aangeteken het, het die nodige druk toegepas en vrugte afgewerp. Sosiale media gons steeds oor die blote gedagte dat boere en taxi-eienaars-en-bestuurders kan saamstaan, maar dit is presies wat op 17 Maart in Ficksburg gebeur het toe ‘Sechaba sa Ficksburg’, die gemeenskapsforum, soos een man saamgestaan het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ficksburg-protes werp vrugte af

Vrystaat Landbou steun Ficksburg-protes vir beter paaie

Ficksburg se gemeenskapsforum, Sechaba sa Ficksburg, het alle roetes deur Ficksburg sedert 06:00vm op Woensdag, 17 Maart 2021 gesluit. Hulle sal die aksie handhaaf totdat hulle ’n bevredigende antwoord van die regering ontvang op hul brief, gerig aan die Premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela. Die brief, wat op 2 Maart gelewer is, het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou steun Ficksburg-protes vir beter paaie

Stel eise teen swak paaie en verliese – Vrystaat Landbou

Gemeenskapslede van regoor die Vrystaat is woedend na aanleiding van die soveelste motorongeluk op die R103 tussen Warden en Vrede waarin ʼn jong onderwyser en twee vragmotor insittendes verlede week Vrydag oorlede is. “Die regering se arrogante en ongeërgde houding kan nie meer geduld word nie. Hoeveel lewensverliese moet daar nog wees voor die regering […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stel eise teen swak paaie en verliese – Vrystaat Landbou

Ficksburg-gemeenskap skep paaie forum

Verskeie instansies van die Ficksburg gemeenskap het op 2 Maart byeengekom met een gemeenskaplike doel, naamlik die haglike toestand van paaie in die omgewing. ’n Skrywe is deur die vergadering aan die Premier van die Vrystaat, me Sisi Ntombela, gerig wat aandring op ’n dringende vergadering binne 7 dae om te verhoed dat verdere aksie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ficksburg-gemeenskap skep paaie forum

Vrystaat gemeenskappe ervaar toename in misdaadgolf

Die Vrystaat het die meeste plaasaanvalle van al die provinsies in die onlangse derde kwartaal misdaad statistieke van 2020-2021 gehad, ʼn toename van 53.85%. Die Vrystaat het ʼn toename van 14.1% in moord insidente en 39.2% in poging tot moord insidente gedurende dieselfde tydperk gehad. Die moord en poging tot moord syfers is die hoogste […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat gemeenskappe ervaar toename in misdaadgolf