Noue ontkoming vir bestuurders in botsing op die N9, Herold

Twee motors het vanoggend op hulle dakke beland na ‘n botsing op die N9 naby Herold. ‘n Swart Suzuki met een man in en ‘n wit VW Polo met ‘n vroue bestuurder was in teenoorgestelde rigtings onderweg toe die twee motors mekaar getref het. Dit is nie duidelik watter motor oor die middellyn beweeg het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir bestuurders in botsing op die N9, Herold

Wat benodig landbou uit die begroting?

“’n Veilige en bevorderlike omgewing is nodig in die Vrystaat en Suid-Afrika om te kan floreer.” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Tot dusver het die regering egter nie daarin geslaag om hierdie bevorderlike en volhoubare omgewing te bied nie, maar kies eerder om uiteenlopende en verdelende politieke ideologieë te volg. Sonder toestande […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat benodig landbou uit die begroting?

Noodlottige botsing buite Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n wit Mazda Sting is vanoggend omstreels 08:00 op die toneel van ‘n botsing oorlede. Hy was onderweg om sy twee kinders, ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie, skool toe te neem toe hulle op die Rooiheuwelpad by ‘n sy-aansluiting voor ‘n aankomende bakkie ingery het. Die bakkie het die motor aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing buite Oudtshoorn

Paraatheid red boer se lewe

Paraatheid en vinnige optrede deur mede-boere en die polisie het waarskynlik Pieter Swart, ‘n boer van Kroonstad, se lewe gered. Volgens Boy Saaiman, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, is Swart vanoggend deur vier mans buite sy huis oorval toe hy wou uitgaan. Die vier mans het na bewering ‘n deur na die huis probeer oopbreek om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Paraatheid red boer se lewe

SONA: Vrystaat Landbou – Ons het beleidsekerheid en goeie bestuur nodig!

Vrystaat Landbou (VL) beskou die komende staatsrede (SONA) as ‘n geleentheid vir die regering om sy beleide en doelstellings te herbelyn met dit wat landbou en die breër ekonomie nodig het om te herstel en werk vir almal te skep. Slegte beleid soos onteiening sonder vergoeding (OSV) is ‘n groot struikelblok in ons land se […]

Posted on by jonckie

Comments Off on SONA: Vrystaat Landbou – Ons het beleidsekerheid en goeie bestuur nodig!

Aanpassing van Nasionale Minimum Loon uit voeling met realiteite volgens Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) neem met skok en teleurstelling kennis van die verhoging van die Nasionale Minimum loon, soos in die Staatskoerant op 8 Februarie 2021 gepubliseer. “Die regering se besluit om die Nasionale Minimum Loon met 16% aan te pas kom in ʼn tyd waar dit ekonomies geweldig uitdagend is om voedsel te produseer en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Aanpassing van Nasionale Minimum Loon uit voeling met realiteite volgens Vrystaat Landbou

Styging van plaasaanvalle en moorde in die Vrystaat in 2020

Vrystaat Landbou (VL) het plaasaanvalle en -moorde vir 2020 geanaliseer en sal in Maart ʼn volledig verslag bekendstel. Die landbougemeenskap is bekommerd oor die styging in aanvalle en moorde wanneer 2020 met 2019 vergelyk word. Hierdie styging is duidelik ten spyte van drie maande se harde grendeltydperk en ʼn aandklokreël in 2020. ʼn Algehele verhoging […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Styging van plaasaanvalle en moorde in die Vrystaat in 2020

Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Die bestuurder en die passasier van ‘n bakkie is Sondagmiddag omstreeks 14:50 in ‘n ongeluk beseer. Hulle was met ‘n vrag gevriesde hoender van Oudtshoorn na Graaf Reinette onderweg toe die ongeluk ongeveer 30 km buite De Rust op die pad na Willowmore gebeur het. Dit blyk dat ‘n agterband van die bakkie gebars het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore