Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Die bestuurder en die passasier van ‘n bakkie is Sondagmiddag omstreeks 14:50 in ‘n ongeluk beseer.

Hulle was met ‘n vrag gevriesde hoender van Oudtshoorn na Graaf Reinette onderweg toe die ongeluk ongeveer 30 km buite De Rust op die pad na Willowmore gebeur het.

Dit blyk dat ‘n agterband van die bakkie gebars het, waarna die bakkie omgeslaan het.

Die bestuurder is met ‘n privaat voertuig hospitaal toe geneem. Die passasier is met ligte beserings per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

[Oudtshoorn Courant]

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :