Nuwe Honda Jazz -Deftig en Treffend

    Moderne, aantreklike stilering laat die koppe draai Groter kajuit bied klasbeste ruimte en veelsydigheid Geheel nuwe bak en onderstel is ligter en stywer Langer asafstand bevorder stabiliteit en bevoordeel ritgerief en hantering Lang lys aktiewe en passiewe veiligheidstandaarde, insluitende ses lugsakke vir alle modelle Die geheel nuwe Honda Jazz is nou in Suid-Afrika […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Honda Jazz -Deftig en Treffend

Suzuki Celerio – ‘n Ekstragroot klein motortjie

• Geheel nuwe Celerio bied klasbeste ruimte binne • Kompakte afmetings sorg vir rats, gebruiksvriendelike padgedrag • Uiters doeltreffende aandryfstelsel verseker suinige brandstofverbruik • Uiters praktiese, ruimskootse bagasieruim • SRS-lugsakke en ABS-sluitweerremme standaard op alle modelle • Nuwe geoutomatiseerde handratkas baat ekonomie en gerief Suzuki se geheel nuwe Celerio, wat vandeesmaand die gewilde Alto-miniluikrugmotor in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Suzuki Celerio – ‘n Ekstragroot klein motortjie

Suksesvolle 2015 Dakar einde vir Toyota Imperial SA Dakar Span

BUENOS AIRES – Dit is sonder twyfel die wêreld se moeilikste motorren. Deelnemers van regoor die wêreld het die legendariese 2015-Dakar-ren oor meer as 9 000 km in drie Suid-Amerikaanse lande op motorfietse en vierwiel-motorfietse en in vragmotors en doelgeboude renmotors aangedurf. Vanjaar se vreeslose Suid-Afrikaanse Toyota-renspan het die vierde keer deelgeneem, en ten spyte […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Suksesvolle 2015 Dakar einde vir Toyota Imperial SA Dakar Span

Vreugde toe De Villiers / Von Zitzewitz op Dakar Podium eindig

BUENOS AIRES – Die eindpunt van die 2015-Dakar in Buenos Aires was die ene vreugde en trots ná die einde van Sneltrajek 13, die laaste van die byeenkoms, toe Giniel de Villiers van Suid-Afrika en sy Duitse navigator, Dirk von Zitzewitz, op die rostrum parkeer om hul trofee as naaswenners te ontvang. Hulle was 35 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vreugde toe De Villiers / Von Zitzewitz op Dakar Podium eindig

Toyota-Imperial-Suid-Afrika-voertuie met standvastige vertonings in voorlaaste sneltrajek

ROSARIO – Sneltrajek 12, die voorlaaste van die 2015-Dakar, was ’n uitdagende sneldeel oor 298 km wat die Dakar-brigade van die rivierdorp Termas Rio Hondo tot die stad Rosario – en die heel laaste tentkamp van die ren – geneem het. Die twee Toyota-Imperial-Suid-Afrika-voertuie het met nog ’n goeie en standvastige vertoning vorendag gekom, en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota-Imperial-Suid-Afrika-voertuie met standvastige vertonings in voorlaaste sneltrajek

Stewige vertoning vir De Villiers terwyl spanopdrag Poulter terughou op Sneltrajek 11 van Dakar

TERMAS DE RIO HONDO – Sneltrajek 11 van die 2015-Dakar het nog ’n stewige vertoning deur die Toyota-Imperial-SA-Dakar-span se ‘meneer bestendig’, Giniel de Villiers, opgelewer. Dié Dakar-veteraan van Paarl en sy jarelange Duitse navigator, Dirk von Zitzewitz, het die derde vinnigste tyd in die sneltrajek opgestel en net 39 sekondes agter die sneltrajekwenner, die algehele […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stewige vertoning vir De Villiers terwyl spanopdrag Poulter terughou op Sneltrajek 11 van Dakar

Wat is die verskil tussen Veldtydrenne, Veldrenne en Tydrenne?

Die verskil tussen Veldtydrenne, Veldrenne en Tydrenne: Die Dakar-ren is ’n veldtydren waar voertuie tussen GPS-punte jaag pleks van op bestaande paaie. Die motors jaag in ’n tydren (soos die WRC) op geslote paaie. In ’n veldren volg die deelnemers roetes wat nie geskik is vir motors nie, maar hulle het steeds ’n bepaalde roete […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die verskil tussen Veldtydrenne, Veldrenne en Tydrenne?

Poulter beindruk terwyl De Villiers uithou op die 10de Skof van Dakar 2015

SALTA – Nog ’n dag op die Dakar; nog ’n keer oor die Andes… Sneltrajek 10 het die deelnemers uit die stof van Calama in Chile oor die Andes en terug tot in die welige woude van Salta in Argentinië geneem. Onderweg het hulle ’n uitdagende sneltrajek oor 358 km aangedurf – een wat nog […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter beindruk terwyl De Villiers uithou op die 10de Skof van Dakar 2015

De Villiers behou 2de Posisie ten spyte van probleme met navigasie tydens sneltrajek 9

CALAMA – Die 2015-Dakar het ’n wipbal in Sneltrajek 9 geboul wat nie net ’n uitdagende roete van Iquique na Calama was nie, maar een beheerpunt wat veral moeilik was om te kry, het die deelnemers op soek na die ontwykende baken in die stof van die Atacama-woestyn laat rondskarrel. Hoewel party spanne aansienlik tyd […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers behou 2de Posisie ten spyte van probleme met navigasie tydens sneltrajek 9

Toyota Imperial SA Dakar -Span staan sterk op Dakar-Rusdag

IQUIQUE – ’n Fantastiese poging op die tweede dag van die sogenaamde marathon-sneltrajek (twee agtereenvolgende sneltrajekte sonder tegniese bystand) het Giniel de Villiers en sy Duitse navigator Dirk von Zitzewitz die vierde vinnigste tyd, 2 minute 49 sekondes agter die wenner, en 13 sekondes agter die algehele voorloper Nasser Al-Attiyah (MINI) besorg. Dit plaas hulle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Imperial SA Dakar -Span staan sterk op Dakar-Rusdag