De Villiers naaswenner in sneltrajek 7 van Dakar 2015 terwyl Poulter ondersteunend jaag

UYUNI – Asof die Dakar-veldtydren nie erg genoeg is soos dit is nie, moes die deelnemers Sneltrajek 7 in Bolivië op hul eie gaan aandurf – sonder die steun van hul diensspanne wat altyd aan die einde van ’n rendag op hulle wag. Dit was egter ’n fantastiese ‘uitstappie’ vir Giniel de Villiers en Dirk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers naaswenner in sneltrajek 7 van Dakar 2015 terwyl Poulter ondersteunend jaag

De Villiers en Von Zitzetwitz tweede in sneltrajek 6

IQUIQUE – Giniel de Villiers en Dirk von Zitzetwitz (#303) het in hul Toyota-Imperial-Hilux die tweede vinnigste tyd in Sneltrajek 6 van die 2015-Dakar tussen die Chileaanse dorpies Antofagasta en Iquique opgestel. Hulle was ná 255 km se dolle gejaag net 37 sekondes agter die sneltrajekwenner, die algehele voorloper Nasser Al-Attiyah (MINI). “Ons het nogal […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers en Von Zitzetwitz tweede in sneltrajek 6

Bestendige vertoning vir De Villiers, hartseer terugslag vir Poulter op sneltrajek 5 van Dakar

ANTOFAGASTA – Die Dakar is bekend as ’n genadelose ren, en Sneltrajek 5 van die strafste motorsportbyeenkoms ter wêreld was ’n keerpunt vir die Toyota-Imperial-Hilux-jaers Leeroy Poulter en Rob Howie (#327). Hulle het bykans ’n uur teenoor die voorjaers verloor nadat ’n kortsluiting oor rowwe terrein die motor viervoet laat vassteek het. “Ons het sterk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestendige vertoning vir De Villiers, hartseer terugslag vir Poulter op sneltrajek 5 van Dakar

2015-Dakar, Sneltrajek 4: Poulter skuif op, De Villiers staan vas

COPIAPO – Dit was ’n dag van groot skuiwe in die Dakar toe die hele ren na Chile verskuif het deur die skouspelagtige Andes-bergreeks voor die aanvang van die sneltrajek oor te steek. Maar vir die Toyota-Imperial-Suid-Afrika-Dakar-span was dit die vlugvoetige Leeroy Poulter en Rob Howie (#327) wat die meeste skuiwe gemaak en ná hul […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 2015-Dakar, Sneltrajek 4: Poulter skuif op, De Villiers staan vas

35 Jaar van agtereenvolgende markleierskap vir Toyota

  Toyota vier vergrote markleierskapsaandeel Hilux Suid-Afrika se topverkoper-voertuig vir 2014 Voorste handelsnaam vir 12 agtereenvolgende maande regdeur 2014   ONTLEDING VIR DIE HELE 2014: Marksegment Hele 2013 Hele 2014 %-verandering Passasiersvoertuie 450 296 439 179 -2,5% Ligte handelsvoertuie 167 996 173 790 3,4% Medium handelsvoertuie 11 584 11 021 -4,9% Swaar handelsvoertuie 4 692 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 35 Jaar van agtereenvolgende markleierskap vir Toyota

Toyota-Imperial-Suid-Afrika-Dakar-spanne tevrede na eerste skof van Dakar 2015

VILLA CARLOS PAZ, Argentinië. – Die twee Toyota-Imperial-Suid-Afrika-Dakar-spanne het gister al twee ’n sug van verligting geslaak nadat hulle sneltrajek 1 van die 2015-Dakar-veldtydren met groot sukses voltooi het. Daarbenewens het motor #303, met Giniel de Villiers en sy Duitse navigator, Dirk von Zitzewitz, in die kajuit, die vierde vinnigste tyd vir die dag aangeteken. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota-Imperial-Suid-Afrika-Dakar-spanne tevrede na eerste skof van Dakar 2015

Versigtig vir kriminele terwyl jy padfiets en bergfiets ry!

Dit is nie net motoriste wat aangeval word deur kriminele nie maar ook diegene wat met hul bergfietse op die minder besige paaie ry vir oefening. ‘n Vriend in Johannesburg is op Nuwejaarsdag aangeval terwyl hy ry vir oefening. Was dit nie vir die geraas wat gemaak is deur vrouens vanaf ‘n plot in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Versigtig vir kriminele terwyl jy padfiets en bergfiets ry!