Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer is sowat ‘n uur gelede per ambulans hospItaal toe geneem nadat hy in Langenhovenweg van agter teen ‘n Toyota Tazz gebots het. Die slag het die man oor die stuurstang gegooi en die motorfiets het onderstebo in die pad te lande gekom. Volgens die bestuurder van die motor wat haar kind by haar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

n Bekende man in landboukringe is vanaand omstreeks 22:00 oorlede in ‘n ongeluk naby Surval op die grottepad. Hy was vanaf sy werk onderweg na sy huis toe sy dubbelkajuitbakkie op ‘n draai die pad verlaat en gerol het. Nooddienswerkers het die bakkie se deure en dak met meganiese toerusting afgesny om by hom te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale

Drie mense is in die hospitaal opgeneem na die taxi waarin hulle gery het, met ‘n koedoe gebots het. Die botsing het omstreeks 16:40 gistermiddag (Sondag 27 Augustus) in die Barandas-omgewing tussen Uniondale en De Rust plaasgevind. Die bestuurder, Randall Akker en twee jeugdige passasiers is per ambulans hospital toe vervoer. Die een passasier is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale

Video beeldmateriaal wys minibus ongeluk in Oudtshoorn

Beeldmateriaal van Vrydagmiddag 25 Augustus se botsing in Jonesstraat, waar ‘n taxi met 18 insittendes gerol het, wys hoe die ongeluk plaasgevind het. Die beeldmateriaal is op die facebookgroep, Oudtshoornite Staan Saam, geplaas. Die botsing het om 15:14 plaasgevind. Vier van die taxi se insittendes is per ambulans na die Oudtshoorn Hospitaal vervoer. [Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Video beeldmateriaal wys minibus ongeluk in Oudtshoorn

Soektog na eienaar van voertuig wat deur heining ry en wegjaag van toneel in Langenhovenpark, BFN

Kom ons kyk of ons die skuldige kan opspoor. Die onderstaande inligting is van ‘n inwoner ontvang: “Vanoggend net na 03:00 het n donkerkleurige voertuig, met ʼn groot silwer of wit ster op die bestuurdersdeur, in Peet vd Merwestraat 3 se muur vas gejaag en daarna weggejaag. Help asb. om hierdie persoon te identifiseer.” Hierdie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Soektog na eienaar van voertuig wat deur heining ry en wegjaag van toneel in Langenhovenpark, BFN

Opruiming van diesel vind plaas na ongeluk in Meiringspoort

Die lang proses om te keer dat ongeveer 35 000 liter diesel stroomaf in Meiringspoort versprei, is volstoom aan die gang. Die diesel het gister in die rivier beland toe ‘n tenkwa met ‘n vrag diesel van 45 000 liter in Meiringspoort omgeslaan het. Die tenk het oopgeskeur en al die diesel het uitgeloop. Volgens […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Opruiming van diesel vind plaas na ongeluk in Meiringspoort

Hoe gereeld moet ons maatskappy bussie ‘n padwaardigheidstoets ondergaan?

  Vraag: Ons het n maatskappy voertuig; Volkswagen Crafter 50 2,0 Tdi Hr 80 kw F/C P/V. Die voertuig word slegs gebruik om ons eie arbeid te vervoer vanaf hulle hostel na die site en terug hostel toe. Een maal per week sal die bus kantoor toe kom met die mense en weer terug na […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe gereeld moet ons maatskappy bussie ‘n padwaardigheidstoets ondergaan?

Bestuurder verloor beheer oor bakkie tussen George en Oudtshoorn

‘n Ongeluk het vroeër vanaand sowat sowat 20 km buite Oudtshoorn op die George-pad plaasgevind. Die bestuurder van ‘n Chevrolet-bakkie het op ‘n draai uitgeswaai om ‘n aankomende voertuig te vermy en beheer verloor. Hy het links van die pad teen ‘n wal afgery en in die veld beland. Hy het sy been beseer. Hy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder verloor beheer oor bakkie tussen George en Oudtshoorn