Soektog na eienaar van voertuig wat deur heining ry en wegjaag van toneel in Langenhovenpark, BFN

Kom ons kyk of ons die skuldige kan opspoor. Die onderstaande inligting is van ‘n inwoner ontvang:

“Vanoggend net na 03:00 het n donkerkleurige voertuig, met ʼn groot silwer of wit ster op die bestuurdersdeur, in Peet vd Merwestraat 3 se muur vas gejaag en daarna weggejaag. Help asb. om hierdie persoon te identifiseer.”

Hierdie stuk nommerplaat, ‘n voorlig en donkerkleurige verf het op die toneel agter gebly.

“Share” asb. hierdie plasing, sodat die inligting so wyd moontlik versprei word. Êrens gaan ‘n paneelklopper, assessor, bure of iemand anders hierdie plasing sien as dit wyd genoeg gedeel word.

Laat weet asb. indien jy weet aan wie hierdie voertuig behoort of waar die voertuig staan. Stuur vir ons ‘n foto van die voertuig indien jy kan asb.

[Langenhovenpark Gesprekblad]

Posted on by jonckie

Comments Off on Soektog na eienaar van voertuig wat deur heining ry en wegjaag van toneel in Langenhovenpark, BFN