Taxibestuurders jaag op langafstandroetes – navorsingsprojek

Taxibestuurders wat lang afstande tussen Kaapstad en die Oos-Kaap aflê eerbiedig nie die spoedgrens nie, is dikwels onbewus van die 100km/h-spoedgrens vir taxi’s en ry vinniger indien hulle nie die eienaars of mede-eienaars van die voertuig is nie. Taxi’s dra egter proporsioneel min by tot padsterftes. Dit is enkele van die bevindinge van ʼn navorsingsprojek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Taxibestuurders jaag op langafstandroetes – navorsingsprojek

Sanral in nuwe e-Toll blaps

Die Engels- en Afrikaanstalige weergawes van die e-toltariefkennisgewings wat in die Staatskoerant gepubliseer is verskil van mekaar deurdat hulle verskillende tariewe vir dieselfde kategorieë van padgebruikers voorskryf. Dié feit het aan die lig gekom nadat die Department van Vervoer en SANRAL geweier het om die Justice Project South Africa (JPSA) leiding oor die e-tolstelsel se […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sanral in nuwe e-Toll blaps

Toyota Imperial Hilux Veldrenbakkies gereed om na Dakar Veldtydren in Suid Amerika verskeep te word

Toyota Motorsport Suid-Afrika het die eerste 2014-Dakar-veldtydrenstryd gewen deur die SA Lugdiens se spertyd vir die aflewering van die twee Toyota Imperial Hilux-dubbelkajuitbakkies wat in Januarie aan die 14-daagse marathonren oor 9 500 kilometer sal deelneem, te haal. Die waardevolle vrag, tesame met ses ton se onderdele en toerusting, is Sondag per vliegtuig na Buenos Aires […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Imperial Hilux Veldrenbakkies gereed om na Dakar Veldtydren in Suid Amerika verskeep te word

Bridgestone stel bandeveiligheidswenke bekend

Bridgestone het kort ná sy 2013-bandepeilingseisoen, waarin nuwe rekords opgestel het, ’n lys van sy belangrikste bandeveiligheidswenke bekend gestel. Dié wenke is gegrond op die terugvoer van Bridgestone se bandespesialiste wat die peilings uitgevoer het. Meer as 6 000 bande is vanjaar regdeur Suid-Afrika vir skade, loopvlakdiepte en banddruk ondersoek. Die voorkoms van onpaar bande aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone stel bandeveiligheidswenke bekend

Toyota Motorsport pak vir Argentinië – ‘n Stryd teen tyd!!

Toyota Motorsport Suid-Afrika is midde ’n stryd van ’n ander aard terwyl die pasgekroonde nuwe Suid-Afrikaanse veldtydrenkampioene besig is met die reuse-taak om ’n stuk of ses ton se toerusting en onderdele vir die 2014-Dakar-veldtydren wat in Januarie in Suid-Amerika afskop, te verpak. Dit is ’n stryd teen tyd en die spertyd is oor net […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Motorsport pak vir Argentinië – ‘n Stryd teen tyd!!

Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela

Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Suid-Afrika se eerste demokratiese president en vader van die Reënboognasie. Mnr. Mandela sal vir baie dinge onthou word, en Toyota sal sy bydrae om Suid-Afrika vir die wêreld te open, koester. Suid-Afrika het sy stem onder sy wakende oog, en dié van daaropvolgende regerings, hoorbaar gemaak en van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela

Tuis in Afrika – Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado

• Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado • Intelligente binneruim met bykomende praktiese toerusting • Veranderinge onder die dop – veringverfynings en bykomende veiligheidstoerusting Toyota se legendariese Land Cruiser Prado het ’n gedaanteverwisseling vir die 2014-modeljaar ondergaan, en pronk nou met bondiger buitestilering, ’n meer verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering. Die veranderinge aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tuis in Afrika – Dramatiese nuwe voorkoms vir legendariese Prado