Hoe gereeld moet ons maatskappy bussie ‘n padwaardigheidstoets ondergaan?

 

Vraag:

Ons het n maatskappy voertuig; Volkswagen Crafter 50 2,0 Tdi Hr 80 kw F/C P/V.

Die voertuig word slegs gebruik om ons eie arbeid te vervoer vanaf hulle hostel na die site en terug hostel toe. Een maal per week sal die bus kantoor toe kom met die mense en weer terug na die hostel.

Is dit nodig vir ons minibus om elke 6 maande deur n Roadworthy toets te gaan om wettiglik op die pad te wees?

Laat weet my asseblief dringend.

Antwoord:

Indien die voertuig ‘n 22-sitplek voertuig is word dit as ‘n bus gedefinieer (17sitplek+) en moet dan ingevolge regulasie 145 elke 6 maande ‘n roadworthy toets deurgaan. Dit maak nie saak waarvoor die bus gebruik word nie. Alle busse word by u die wetgewing ingesluit.

Groete

Alta

Alta Swanepoel and Associates 

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe gereeld moet ons maatskappy bussie ‘n padwaardigheidstoets ondergaan?