Video beeldmateriaal wys minibus ongeluk in Oudtshoorn

Beeldmateriaal van Vrydagmiddag 25 Augustus se botsing in Jonesstraat, waar ‘n taxi met 18 insittendes gerol het, wys hoe die ongeluk plaasgevind het.

Die beeldmateriaal is op die facebookgroep, Oudtshoornite Staan Saam, geplaas.

Die botsing het om 15:14 plaasgevind.

Vier van die taxi se insittendes is per ambulans na die Oudtshoorn Hospitaal vervoer.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Video beeldmateriaal wys minibus ongeluk in Oudtshoorn