Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

As die paaie departement dit nie doen nie, doen ons dit self.

Dit was die rede waarom talle boere en plaaswerkers van Reitz-Oos op 18 April, terwyl dieres van die land heerlik ontspan het tydens Paasnaweek, druk besig was om die S1421-pad(Reitz/Warden-grondpad) te herstel.

Jan Briel, ’n boer van die omgewing, sê dat dié pad in so slegte toestand is dat selfs ’nvierwielaangedrewe voertuig sukkel om daar te ry. “Die probleem is dat die ondergrondse wegvoerpype so verstop is weens nalatigheid van die departement van paaie, dat water oordie pad stoot en dit onbegaanbaar maak.”

Briel noem dat boere van die omgewing die pad twee keer per jaar deur ʼn privaatkontrakteur laat skraap teen ʼn koste van R5 000 per boer.

Op 18 April het boere en plaaswerkers gesamentlik vanaf 7vm tot 6nm gewerk, met behulpvan drie trekker–laaigrawe (TLB’s) en vyf trekkers met tipperwaens.

“Dit is ’n saaigebied hierdie en boere is afhanklik van die pad om ons produkte by silo’s tekan lewer. Ons is tans besig om sojas en mielies te stroop en kan eenvoudig net nie agteroorsit en vir die departement wag nie. Intussen sukkel die plaaswerkers ook om met hul eie voertuie op die pad te beweeg en daarom het ons almal ingespring.”

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, is van mening dat dit deesdae ’nalgemene verskynsel is om boere te sien wat paaie herstel. “Alhoewel ons trots is op ons boere wat nie net agteroor sit en wag nie, is dit weereens ’n funksie van die regering wat verwaarloos word en nou net na die publiek oorgeskuif word.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

Category: Algemeen Tags :