Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie

Dit is waarom boere in die Allanridge-omgewing vanoggend, 10 Mei 2022, die S-86 met bakkies en sleepwaens blokkeer het om hul misnoeë met die departement van paaie te demonstreer weens die departement van paaie se onvermoë om die R-30- pad te herstel.

Die R-30-pad naby Allanridge, wat al as die ‘doodspad’ bekend staan, is al geruime tyd uiters gevaarlik nadat bogemiddelde reënval in Januarie en Februarie voorgekom het en die pad onbegaanbaar maak.

“Die verkeer van die R-30 word nou na die S-86 geforseer en dit hou ‘n gevaar in vir nie net die publiek nie, maar ook die boere en hul werkers.” sê Rudi Jansen van Vuuren, ’n boer van die omgewing.

“Dit is strooptyd en daar beweeg trekkers en stropers op die pad. Sekere motoristery baie onverskillig en ons wil verhoed dat iemand seerkry. Dit maak ook nie sin datdie departement mense op ’n 18 km ompad roete forseer terwyl hulle slegs 400m(op die R-30) moet herstel nie.”

Intussen sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), datdie organisasie al geruime tyd poog om met die Vrystaatse Premier oor die paaiekwessie in die provinsie te vergader, maar dat daar net geen reaksie of terugvoer ontvang word nie.

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie

Category: Veiligheid