Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

ASUNCIÓN, PARAGUAY – Die laaste dag van 2016 was ’n miernes van bedrywighede vir die Toyota Gazoo Racing SA-renspan wat die immer belangrike administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke, die laaste hindernis voor die wegspring van die 2017-Dakar-ren, suksesvol afgehandel het. Die omvattende administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke moes deur alle spanlede, wat die bemanning insluit, gedoen word. Dit het ook die verkorte voorondersoek vir die Toyota Hilux-renvoertuie ingesluit.

“Die goeie nuus is dat die hele span al die toetse sonder enige groot probleme geslaag het,” het Glyn Hall, die Toyota Gazoo Racing SA-spanhoof, uit Asunción, die hoofstad van Paraguaya, gesê nadat die span-ondersoeke afgehandel is. “Dit is in wese die laaste rubberstempel wat ons nodig gehad het voordat ons ren kan begin. Al wat nou nog voorlê, is die seremoniële wegspring op 1 Januarie – en dan begin ons.”

Toyota Gazoo Racing SA het vir die 2017-ren twee Toyota Hilux-renvoertuie ingeskryf. Noudat die tegniese voorondersoeke afgehandel is, sal die motors met rennommers 301 en 302 amptelik toegelaat word om in die 2017-Dakar te jaag.
Die voormalige dubbele Dakar-wenner Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel, sluit hulle vanjaar by die Toyota-span aan. Hulle jaag in Toyota Hilux #301, terwyl die Toyota-staatakers Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, in #302 sal wees.

Die ren begin op 1 Januarie met die seremoniële podium-wegspring in Asunción, terwyl Sneltrajek 1 – wat die Dakar-ren van Paraguay na Argentinië neem – vroeg op 2 Januarie begin.

“Dit het ontelbare werkure en ’n ongelooflike hoeveelheid toewyding geneem om ons tot hier te bring,” het Hall gesê. “Nie net vir die 2017-Dakar-brigade nie, maar in die algehele ontwikkeling van die span. Ons is nou amper by die begin van een van die gerootste motorrenne op aarde, en is meer gemotiveerd en opgewonde as ooit.”

Toyota Gazoo Racing SA gee erkenning aan sy borge en amptelike spesialis-verskaffers en tegniese vennote:
Toyota geniet ’n wedersydse voordelige vennootskap met Red Bull, Duxbury Netgear, die Innovation-groep, Toyota Finansiële Dienste en SAA Cargo, sowel as Hallspeed, TFM, SKF, Spanjaard, Robor, OMP, NGK, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, Supreme Springs, Shatterprufe, Smith’s Manufacturing, TRD, Curtis Mobile, Peritus Forex, 4×4 Mega World, First National Battery, SA Sport & Cargo en Overdrive Racing.

Volg die Toyota Gazoo Racing SA-renspan by www.toyota.co.za
Twitter: www.twitter.com/toyotasa
#toyotaSAracing
#gazooracingSA

Facebook: www.facebook.com/toyotasouthafrica.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :