Is versekering “telematics” die pad na goedkoper motorversekering?

In die versekeringsindustrie word huidig baie gepraat oor die begrip “insurance telematics”. Ek is nie seker wat die korrekte benaming in Afrikaans sal wees nie, maar kan waarskynlik verwys na versekerings telematie of telematika. Vir die doeleindes van hierdie bespreking wil ek graag die woord telematie gebruik.

Waar kom die begrip versekerings telematie vandaan?

Op die Arrive Alive webwerf is daar ‘n paar bladsye wat mooi beskryf hoe tegnologie in voertuie nie net kan help met vlootbestuur en padveiligheid nie, maar ook vir die doeleindes van versekering.

Die oorsprong van versekerings telematie kan gevind word in die veld van vlootbestuur en logistiek  –  en veral die behoefte van eienaars van ‘n vloot voertuie om daardie voertuie op die pad noukeurig te volg en die gebruik te monitor. Dit is noodsaaklik veral uit ‘n koste oogpunt. Hoe veiliger en koste effektief daardie voertuie op die pad gebruik kan word, hoe beter vir die eienaar van hierdie voertuie.

Versekeraars het besef dat hierdie data van voertuie van groot waarde kan wees by die bepaling van riskio en versekeringspremies…

Hoe word telematiese gegewens van voertuie gebruik in versekering?

Versekering gaan oor die bepaling van risiko – en die beste manier om risiko te bepaal is deur gebruik te maak van akkurate data. Hoewel versekeraars bewus was van die waarde van hierdie data was dit altyd moeilik om dit te gebruik in gewone padgebruikers se voertuie . Die sogenaamde “black boxes” is aanvanklik ontwikkel vir die monitoring van duur swaar vragmotors en die tegnologie was nie geskik as ‘n koste effektiewe oplossing vir die gewone motoris en sy versekering nie.

Die tegnologie het egter sodanig ontwikkel dat dit nou uiters effektief gebruik kan word deur die versekeraar van ‘n gewone versekerde passasiersvoertuig.

Wat is die data wat die versekeraar kan gebruik?

Die belangrikste data wat aanvanklik gebruik is deur versekeraars sonder veel koste was bloot die afstand wat bestuur is en dit kon verkry word bloot deur ‘n kilometerlesing te neem. Deesdae verskaf die moniteringstoestelle in voertuie data soos:

–          Die afstande wat bestuur word.

–          Die area waar bestuur word

–          Die tyd van die dag wat die voertuig gebruik word.

–          Die spoed waarteen bestuur word.

–          Die revolusies waarteen die masjien gebruik word

–          Die wyse en spoed waarteen om draaie bestuur word.

–          Die mate waarteen daar gerem word.

Stelsels wat ontwikkel is deur maatskappye soos Ctrack vir die groot mynmaatskappye kan selfs die voertuig koppel aan ‘n spesifieke bestuurder, of die bestuurder sy veiligheidsgordel dra, die uitlaatgasse ens

Wat is die voordele van voertuig telematiese gegewens vir versekering?

‘n Beslissing voor die Europese Hof het onlangs aangetoon waarom veral in Europa dit meer belangrik gaan wees om akkurate data te gebruik om onderskeid te tref tussen versekerde kliënte. Die hof het bevind dat versekeraars in Europa nie meer bloot op geslag mag onderskeid tref wanneer hul versekeringspremies vasstel nie.

Wanneer hierdie onderskeid egter gebasseer kan word op wetenskaplike bewys van ‘n verskil in bestuursvaardigheid en die wyse waarop die versekerde voertuig bestuur word, sal dit wel moontlik wees vir die goeie bestuurder om minder te betaal vir sy motorversekering!

Die versekering, indien ons dit eenvoudig stel, word dus “geindividualiseer” vir die bepaalde versekerde voertuig en kliënt en dit skakel die gevaar uit dat jy ook help betaal vir die risiko van ‘n menigte ander meer onverskillige bestuurders! Dit is bloot regverdiger dat jy nie oor die selfde kam geskeer word as die ander bestuurder van dieselfde geslag en ouderdomsgroep as jy nie!

Daar is verskeie ander besprekingspunte waarby ons nog kan stilstaan oor versekerings telematie, maar ek wil graag nou voorstel dat gekyk word na van die volgende skakels in Engels:

Vehicle and Insurance Telematics

Vehicle Telematics, Accident Investigation and Fleet Management

Hollard and Pay As You Drive  – see “Pay As You Drive”

Outsurance and Safe_Driver@Out  – see “Outsurance activates technology to reward safe driving behaviour”

Discovery and Vitality Drive – see “Drivers have an IQ, EQ and now with car insurance also a DQ”

MiWay and MiDrivestyle http://www.miway.co.za/midrivestyle

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Is versekering “telematics” die pad na goedkoper motorversekering?