Veevoer vanaf Delmas gaan hulp verleen in Sentraal Karoo
9
November
Altesaam 31 vragmotors met voer het vanmiddag (Woensdag 8 November) in Beaufort-Wes aangekom.
Die vragmotors is gelaai met bale oulandsgras wat deur boere van Delmas geskenk is.
Die voer sal teen ‘n geringe koste aan lede van landbouverenigings van Agri Sentraal-Karoo uitgedeel word.
Boere van Nelspoort, Nuveld, Letjiesbos, Koup no 4 en Rietbron sal Donderdagoggend die voer in ontvangs begin neem.
Die vragmotors staan op die plaaslike skouterrein waar dit oornag opgepas sal word.