Meer aandag nodig om botsings by kruisings te voorkom!

Drie voertuie is vanoggend in ‘n botsing by ‘n berugte kruising in Oudtshoorn beskadig.

Die botsing het omstreeks 08:30 plaasgevind toe ‘n bakkie vanuit Baron van Reedestraat regs in Victoriastraat ingedraai het.

Die bakkie is deur ‘n aankomende Hyundai Accent getref.

Die slag het die bakkie laat tol en dit het ‘n tweede bakkie wat by die stopstraat gestaan het getref.

Niemand is in die botsing beseer nie.

Daar was reeds verskeie botsings by hierdie kruising sowel as een waar Baron van Reedestraat met Van der Rietstraat kruis.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meer aandag nodig om botsings by kruisings te voorkom!