Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George

Een persoon is lig beseer na ‘n ongeluk tussen ‘n VW Golf en ‘n vragmotor op die George-pad vroeër vanaand.

Volgens die vragmotorbestuur was hy in George se rigting onderweg. Die Golf het van voor gekom op pad na Oudtshoorn.

“Die bestuurder van die Golf het in die verkeerde baan gery en ek het vir hom probeer uitswaai maar ek sou teen die wal langs die pad vasgery het as ek nog verder na links gegaan het.”

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie. Die bestuurder van die Golf is vir sy beserings op die toneel behandel en na die hospitaal geneem.

[Oudtshoorn Courant]

Truck Insurance

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George