Motorfietsryers beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte

Twee motorfietsryers van Oudtshoorn is per ambulans hospitaal toe nadat hulle motorfietse in ‘n skerp draai die pad verlaat en ‘n veiligheidsreling getref het. Die ongeluk het om ongeveer 14:20 vanmiddag gebeur.

Die aard van hulle beserings is nog nie bekend nie, maar volgens die pa van een van die ryers is hulle beserings nie kritiek nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar volgens iemand wat langs die pad oorkant Ou Tol op die grottepad bly, het die motorfietse agter mekaar in die draai ingegaan toe hulle begin gly en die reling getref het.

Een motorfiets en ‘n ryer het aan die anderkant van die reling beland en die ander ryer en motorfiets het op die padoppervlak gelê.

‘n Derde motorfietsryer wat agter hulle gery het, kon daarin slaag om die ongeluk te vermy.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryers beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte