Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Wit Toyota Corolla en ‘n vurkhyser het ‘n rukkie gelede met mekaar in St. Johnstraat gebots.

Die passasier van die Toyota en die drywer van die vurkhyser is met ligte beserings per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

Die ongeluk het direk voor ‘n supermark plaasgevind wat grootmaat kruideniersware verkoop. Die vurkhyser behoort aan die supermark en is daagliks in die straat besig om voorraad uit ‘n stoor na die supermark te vervoer.

Volgens die bestuurder van die Toyota was hy na sy woning onderweg toe hy ‘n groot slag teen sy motor gevoel het.

Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn