7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

7 000 skape is sonder weiding nadat bykans 30 000ha gister, 20 Mei, in die Boshof/Dealesville-area tydens ‘n wegholveldbrand verwoes is. Talle stuks vee en wild is ook doodgebrand.

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê dat die sterk wind wat Donderdag in die area voorgekom het die beheer van die brand bemoeilik het. Die brand is teen ongeveer 20:00 Donderdagaand uiteindelik gestop.

“Na gesprekvoering met die onderskeie landbouverenigings, kan ons bevestig dat die grootste behoeftes tans kragvoer vir skape is vir die onderskeie boere wie al hul weiding verloor het. Aangesien dit lamseisoen is en talle skape gebrand het, moet daar ook vir die lammers spesiale formules voorsien word.” , sê Armour.

Armour bevestig dat Vrystaat Landbou, in samewerking met Sernick voere, 30 ton voerpille beskikbaar gaan stel om onmiddellike verligting te bring. Dit sal deur die VL-kantoor geadministreer word en allokering van voer sal deur die plaaslike landbouverenigings aan geaffekteerde boere gekoördineer word.

’n Deeglike assessering van die skade en verliese gaan oor die naweek gedoen word en volgende week tydens ’n vergadering in Boshof met geaffekteerde boere bespreek word.

“Die brand het nou met die aankoms van winter plaasgevind wat beteken dat daar ’n lang seisoen voorlê vir velde wat vernietig is.”, sê Armour.

Enige instansie of individu wat ’n finansiële bydrae wil maak vir toekomstige behoeftes, kan dit deur VL se rampfonds doen by:
Vrystaat Landbou
ABSA
Rekeningnr: 470940670
Takkode: 632005
Verwysing: RAMP + selnommer

Diegene wat direk aan die betrokke brandvereniging wil skenk, kan dit doen by: Dealesville brandbeskermingsvereniging
FNB
Rekeningnr: 62034338435
Takkode: 241038
Verwysing: Mei Brand + selnommer

Woordvoerder:
Dr Jack Armour
Kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou
071 672 0271

Posted on by jonckie

Comments Off on 7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

Category: Algemeen