Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

“Ons gaan dalk op ’n paar tone trap, maar gegewe die tyd en omstandighede waarin landbou homself op die oomblik bevind, is dit dalk nodig.” Dit is die mening van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), insake kwessies wat dié organisasie eersdaags op sy jaarkongres gaan bespreek. “Die meerderheid van Suid-Afrikaners is moeg vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

Vrystaat-brande: Veevoer is besig om op te raak.

Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ʼn verklaring gewaarsku dat die herhaalde veldbrande in die Vrystaat die weidingsveld ernstig beperk het. Volgens die Kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, Dr Jack Armour, is die 2021 veldbrande aansienlik meer as vorige jare. “Gegewe die bykomende voernood in droogte geteisterde gebiede, is die gras- en lusernvoorraad uiters beperk”. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-brande: Veevoer is besig om op te raak.

Golfdag-fondse gaan boerderygemeenskappe veiliger maak d.m.v. opleiding

Die beveiliging van boerderygemeenskappe in die Vrystaat was die oogmerk tydens Agriculture.golf se “Beskerm ons boere” golfdag. Opulentia Finansiële Dienste, Enslins ouditeure, Velox Carriers en Vrystaat Landbou (VL) het as vennote hande gevat om deur middel van die nie-winsgewende maatskappy, Agriculture.golf, ʼn gholfdag op 2 September ten bate van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidsfonds aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Golfdag-fondse gaan boerderygemeenskappe veiliger maak d.m.v. opleiding

Sentiment teen onteiening tydens openbare verhore

In ‘n onverwagse wending blyk dit dat die steun vir die onteieningswetsontwerp in die Vrystaat aansienlik verminder het. Openbare verhore is gedurende 26-29 Augustus regoor die Vrystaat gehou, om gemeenskappe die geleentheid te bied om aan die wetgewing oor die onteieningswetsontwerp deel te neem. Die resultaat van hierdie vergaderings het voorstanders van die onteieningswetsontwerp verras. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sentiment teen onteiening tydens openbare verhore

Vrystaat Landbou veroordeel moord van Harrismith boer en gesin

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê die organisasie veroordeel ten sterkste die moorde wat op Saterdag, 7 Augustus 2021 op die plaas ‘Toekoms’ in die Harrismith area plaasgevind het. Mgwenika Twala, ’n opkomende boer, asook sy vrou,Selina Maloka, en drie kinders van onderskeidelik 6, 16, en 19 is brutaal vermoor. Hulle is verskeie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou veroordeel moord van Harrismith boer en gesin

Vrystaat Landbou ondersteun polisiering op voetsoolvlak

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom die voorsitter van die portefeuljekomitee vir polisie, Mev Tina Joemat-Pettersson, asook die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, se onlangse uitsprake in die media dat die SAPD bevelstruktuur te  groot is en dat daar te min mannekrag op voetsoolvlak om die werk te verrig. Volgens Francois Wilken, president van VL, is dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou ondersteun polisiering op voetsoolvlak

Vuurwapenwysigingswetsontwerp is ‘n aanval op die reg op lewe -Vrystaat Landbou

“Selfverdediging word deur alle regstelsels erken. Waar ‘n keuse tussen twee of meer mense se lewens gemaak moet word, kry die lewe van die onskuldiges voorkeur bo die lewe van die aggressor. Dit strook met artikel 33 (1). Om die onskuldige persoon die reg om uit selfverdediging op te tree te ontken, sou daardie persoon […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vuurwapenwysigingswetsontwerp is ‘n aanval op die reg op lewe -Vrystaat Landbou

Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Elektrisiteit prysverhogings tussen April en Julie 2021, tesame met die alomteenwoordige bedreiging van beurtkrag, lei daartoe dat baie Suid-Afrikaners hulself tot alternatiewe kragbronne en rugsteunstelsels wend, maar hoe kies ‘n mens die korrekte stelsel, hoe pas jy dit op en hoe laat jy dit voldoende verseker? “Suid-Afrikaners moet nie alleen ‘n allemintige 15% meer vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis

Op 12-13 Julie 2021 is 104 235 ha landbougrond tot op die grond afgebrand. Volgens dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is hierdie brande die grootste enkele brandgebeurtenis wat in die Vrystaat-provinsie aangeteken is. “Amptelike syfers wat op 22 Julie deur die Vrystaat Sambreel Brandbeskermings Vereniging (FSUFPA) bekend gemaak is, dui aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis