Rapporteer gevaarlike relings op ons paaie

E-pos ontvang van ‘n padgebruiker: Hiermee nog ‘n reling wat foutief is aan Gauteng se kant en relings wat ontbreek aan Vrystaatse kant. Daar is ook geen glimstroke om die brug se kante aan te dui. Peet Schabort.

Posted on by jonckie

Comments Off on Rapporteer gevaarlike relings op ons paaie

Beeste sterf en talle beseer toe vragmotor omslaan in Oudtshoorn

‘n Vragmotor wat beeste vervoer het vanoggend by die kanaal omgeslaan. Sowat 37 beeste is beseer. Dis onbekend hoeveel beeste dood is. Pogings word nou aangewend om die beeste wat nog in die vragmotor vassit los te kry. Die vragmotor is ‘n dubbelvlaktrok. Daar is nog beeste in die onderste vlak vasgekeer. 4 Beeste is sover […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beeste sterf en talle beseer toe vragmotor omslaan in Oudtshoorn

Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn

OUDTSHOORN NUUSFLITS – ‘n Jong vrou is vanmiddag met ernstige beserings met die AMS-helikopter na George vervoer na sy in Rademeyerstraat in ‘n ongeluk betrokke was. Volgens ‘n getuie het die vrou uit Rademeyerstraat met haar motorfiets gery. Die botsing het gebeur toe sy regs in Oostelikeweg gedraai het en ‘n vragmotor wat van voor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn

Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!

Statistieke wys dat motorkapings aan die toeneem is. Gedurende 2016 het dit met meer as 14% toegeneem teenoor 2015. Dit is eintlik ʼn baie maklike metode om ʼn voertuig te steel want geen van die veiligheidstelsels om diefstalle te voorkom is geaktiveer nie. Die enjin is aangeskakel, en die kaper kan dus net inklim en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!

4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George

OUDTSHOORN NUUS – Vier mense is met ligte beserings na die hospitaal geneem na ‘n botsing op die George-pad. Die ongeluk het vanaand voor 19:00 voor Chandelier gebeur. Die voertuig met die vyf insittendes was vanuit George se rigting onderweg toe die botsing plaasgevind het. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George

Ma en kinders beseer in botsing na sleepwa swaai op pad na De Rust

‘n Ma en haar kinders is gistermiddag na die hospitaal geneem na ‘n ongeluk op die De Rust-pad. Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, het die vrou ‘n bus met ‘n sleepwa verby gesteek. Dit blyk dat die sleepwa geswaai het en haar motor getref het. Haar motor het die pad verlaat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ma en kinders beseer in botsing na sleepwa swaai op pad na De Rust

Rapporteer waar die toestand van paaie ‘n gevaar inhou vir padgebruikers

Die Arrive Alive webtuiste het die volgende e-pos ontvang en ons kan bevestig dat dit deurgestuur is na die padagentskap: “Hiermee foto’s van padrelings wat ek glo nie op standaard is deurdat die punte gevaarlik is vir aankomende verkeer. Seer sekerlik moet die punt ‘begrawe’ wees? Indien wel dan is dit aangebring deur onbevoegde personeel. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Rapporteer waar die toestand van paaie ‘n gevaar inhou vir padgebruikers

Polisie soek na handsakdiewe in Oudtshoorn

Handsakdiewe, wat op ‘n slinkse wyse ‘n toeris se handsak met waardevolle items in die eetsaal by die Queens Hotel gesteel het, het vanoggend wéér toegeslaan. Op Dinsdagoggend, 3 Januarie, het diewe met ‘n toeris se handsak vol waardevolle items, uit die Queens Hotel se eetsaal in die niet verdwyn. Vanoggend omstreeks 07:50 by die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisie soek na handsakdiewe in Oudtshoorn

Polisie onseker wie bestuurder is wat in brug oor kanaal vasry in Oudtshoorn

Vyf insittendes, waaronder twee kinders, is Saterdagmiddag beseer toe ‘n rooi Volkswagen Golf met ‘n betonmuur by die kanaal gebots het. Die bestuurder van die voertuig het uit die rigting van die Rooiheuwelpad gery, vermoedelik beheer op die draai verloor en met die muur gebots. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisie onseker wie bestuurder is wat in brug oor kanaal vasry in Oudtshoorn

Bestuurder verdwyn van toneel na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Rooi Volkswagen Golf het gistermiddag in ‘n betonmuur, by die kanaal, vasgery. Die bestuurder van die voertuig het van die Rooiheuwel-pad se kant af gekom, vermoedelik beheer op die draai verloor. Sover vasgestel kan word was daar vier insittendes, waaronder twee kinders, in die motor. Die bestuurder het glo van die toneel verdwyn. Die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder verdwyn van toneel na ongeluk in Oudtshoorn