Drywer en sy makker betrap terwyl hulle vragmotor steel

Twee verdagtes is vanoggend in Mamelodi, noord-oos van Pretoria, op heterdaad betrap waar hulle ‘n vragmotor met ‘n vrag vol verwerkte vleis gesteel het. Die verdagtes was besig om ‘n Ctrack-voertuigopsporingseenheid uit die vragmotor te verwyder toe Ctrack se reaksiespan hulle aangekeer het. Ctrack het omstreeks 08:15 ‘n alarm ontvang dat daar aan die vragmotor […]

Posted on by Media

Comments Off on Drywer en sy makker betrap terwyl hulle vragmotor steel

Mense wat werklik omgee!

Die nuus is vol van die negatiewe en vandag deel ons graag ʼn positiewe storie waar CrisisOnCall ʼn verskil in ʼn baba van vyf weke se lewe gemaak het. Riaan Grobler van Groot Ontbyt op KykNet het Woensdag 18 Januarie 2017 ʼn versoek om hulp op Facebook geplaas. “Kan iemand hier help? Luandro Gelbert is […]

Posted on by Media

Comments Off on Mense wat werklik omgee!

3 SA-geboude Toyotas in Top10 in Dakar 2017

BUENOS AIRES, ARGENTINIË – Die 2017-Dakar het pas in die Argentynse hoofstad Buenos Aires geëindig nadat die deelnemers Sneltrajek 12 van die wêreld se strafste motorren afgelê het. Die ren, wat oor dertien dae in Paraguay, Bolivië en Argentinië beslis is, het drie Suid-Afrikaaans-geboude Toyota Hilux-renvoertuie onder die Top 10 opgelewer. Nani Roma en sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 3 SA-geboude Toyotas in Top10 in Dakar 2017

Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

RÍO CUARTO, ARGENTINIË – Sneltrajek 11 van die 2017-Dakar was nog ’n lang, warm geswoeg vir die renjaers wat aan die wêreld se moeilikste motorren deelneem. Vir Toyota Gazoo Racing SA was dit egter ook ’n benoude voorlaaste sneltrajek in die byeenkoms waartydens Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, hul algehele posisie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

Laer hoogtes bo seevlak wag vir Toyota Gazoo Racing SA op Dakar 2017

ABRA PAMPA, ARGENTINIË – Die Argentynse dorpie Abra Pampa is nie veel meer as ’n kolletjie op die kaart nie, maar aan die einde van Sneltrajek 8 van die 2017-Dakar was dit ’n boer-maak-’n-plan-oornagtentkamp vir Toyota Gazoo Racing SA. Die span moes noodgedwonge al die diens- en instandhoudingswerk langs die pad naby dié dorpie doen […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Laer hoogtes bo seevlak wag vir Toyota Gazoo Racing SA op Dakar 2017

Sterk vertoning deur De Villers en Von Zitzewitz in Sneltrajek 7 van Dakar 2017

UYUNI, BOLIVIË – Die 2017-weergawe van die wêreld se strafste motorren, wat deur talle die ergste Dakar-ren in jare genoem word, het met ’n string uitdagings vorendag gekom. Die uiterste weerstoestande in die noorde van Bolivië het die organiseerders genoop om Sneltrajek 6 af te stel, en Sneltrajek 7 – die marathon-skof – is tot […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sterk vertoning deur De Villers en Von Zitzewitz in Sneltrajek 7 van Dakar 2017

Rusdag bied blaaskans op halfpadmerk in Dakar 2017

LA PAZ, BOLIVIË – Die naweek het ’n welkome ruskans ná die eerste helfte van die 2017-Dakar gebied en die deelnemers kon effens op dié sogenaamde “rusdag” van die ren oor twaalf sneltrajekte ontspan. Hoewel die rusdag die renjaers en hul navigators ’n blaaskans gee, is dit een van die besigste dae vir die tegniese […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Rusdag bied blaaskans op halfpadmerk in Dakar 2017

Roma wapper Toyota vlag in sneltrajek 5 van Dakar 2017

ORURO, BOLIVIË – Die 2017-Dakar-ren het met ’n groot gejuig afgeskop, maar baie van die topjaers het probleme in die eerste paar sneltrajekte opgedoen. Dit lyk asof dit die nuwe neiging is nadat Sneltrajek 5 van hierdie ikoniese ren vir nog ’n wipbal gesorg het: reën, reën en nogmaals reën. Dit was só erg dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Roma wapper Toyota vlag in sneltrajek 5 van Dakar 2017

Sneltrajek 4 van Dakar 2017 bring verligting vir Toyota Gazoo Racing SA

TUPIZA, BOLIVIË – Die drie sneltrakte van die 2017-Dakar-ren het vir gemengde gevoelens in die Toyota Gazoo Racing SA-kamp gesorg. Aan die begin was dit ’n oorwinning in die openingsneltrajek vir Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), wat die span met trots en vertroue gevul het. Sneltrajek twee het vir ’n tweede plek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sneltrajek 4 van Dakar 2017 bring verligting vir Toyota Gazoo Racing SA

Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017

SAN SALVADOR DE JUJUY, ARGENTINIË – Sneltrajek 3, wat as opwindende wipplankstryd tussen die voormalige Dakar-wenners Nasser Al-Attiyah (Toyota Gazoo Racing SA) en Stephane Peterhansel (Peugeot) begin en ’n kop-aan-kop-stryd in die sneltrajek oor 364 km geword het, het in teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA geëindig toe Al-Attiyah die vering van sy Toyota Hilux […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017