Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!

Statistieke wys dat motorkapings aan die toeneem is. Gedurende 2016 het dit met meer as 14% toegeneem teenoor 2015. Dit is eintlik ʼn baie maklike metode om ʼn voertuig te steel want geen van die veiligheidstelsels om diefstalle te voorkom is geaktiveer nie. Die enjin is aangeskakel, en die kaper kan dus net inklim en ry.

Die een bedreiging wat ʼn motorkaper wel het, is dat die gekaapte persoon vinnig alarm kan maak deur die polisie te bel of sy opsporingstelsel te aktiveer. Dit is dan ook waarom kapers gewoonlik die persoon in die voertuig van sy selfoon beroof, en of beseer sodat hy nie vinnig kan optree nie.

Hier volg ʼn paar wenke:

⦁ Maak seker dat jou voertuig gereeld gediens word en iʼn ʼn goeie werkende toestand is.
⦁ Beplan jou roete en maak seker dat jy nie verdwaal nie.
⦁ Maak seker dat jy nie agtervolg word nie.
⦁ Plaas “smash-and grap” vensterbeskerming op die voertuig se ruite.
⦁ Ken jou bure se voertuie sodat jy makliker weet wanneer ʼn vreemde voertuig agter jou ry.
⦁ Wees bewus van wat om jou gebeur. Let op enigiets wat verdag kan lyk.
⦁ Moenie op jou selfoon lees wanneer jy bestuur nie – dit trek jou aandag af van wat om jou gebeur.
⦁ Wees ekstra paraat by jou huis se ingang.
⦁ Vermy die plant van digte struike en plante by die ingang wat jou sig kan belemmer.
⦁ Ingange moet ook verlig wees wanneer dit donker is.
⦁ Kyk agter struike en in bome by jou ingang vir verdagte persone.
⦁ Indien iets verdag lyk ry verby.
⦁ Maak gebruik van ʼn hek wat elektronies oop en toe maak.
⦁ Wanneer jy ingery het, sit jou voertuig in trurat totdat die hek toe is.
⦁ Vermy roetine. Moenie elke dag dieselfde pad ry en op dieselfde tyd by die huis aankom nie.
⦁ Sluit altyd die voertuig se deure en hou vensters toe.
⦁ Laat weet jou familie wanneer jy naby die huis is.
⦁ Moet nooit ʼn kaper in die oë kyk nie. (Onthou hy is net so senuagtig soos jy)
⦁ Moet nooit probeer om die held te wees nie. Jou lewe is meer werd as die voertuig.
⦁ Indien jy by ʼn plek (bv. skool) wag bly waaksaam. Moet bv. nie ʼn boek lees of op jou selfoon kyk nie.
⦁ Sluit altyd die deure en hou die vensters toe. Hou waardevolle items uit sig van buite.
⦁ Hou altyd ʼn spasie tussen jou en die voertuig voor jou sodat jy nie ingeboks word nie.
⦁ Ry stadiger na ʼn verkeerslig sodat hy groen is wanneer jy by die verkeerslig opdaag.
⦁ Parkeer altyd in ʼn veilige area.
⦁ Bly kalm.

Indien kapers weg ry met jou voertuig:

⦁ Daar is gewoonlik ʼn tweede voertuig betrokke. Probeer die voertuig se inligting te bekom sonder om jou eie lewe in gevaar te stel.
⦁ Probeer iemand se aandag trek.
⦁ Kry ʼn plek of persoon waar jy vir hulp kan skakel.
⦁ Maak seker jy sal jou voertuig se registrasienommer onthou. (Maak ʼn kort storie van die registrasienommer – dit help jou om die nommer makliker te onthou)
⦁ Probeer so vinnig moontlik uit die gevaargebied kom.
Indien jy beseer is tydens die kaping:
⦁ Probeer aandag trek van iemand wat kan help om mediese hulp te kry.
⦁ Dra ʼn identifikasiebandjie wat kan help om mediese inligting aan die paramedikus te kan verskaf. (Onthou jou mediese inligting is saam met die voertuig weg – beursie handsak, ens.)
Indien jy ʼn kaping sien gebeur:
⦁ Bly op ʼn veilige afstand.
⦁ Versamel vinnig inligting (Bv. die gekaapte voertuig se inligting, met watter pad hulle weggery het, enige beskrywing van hoe die kapers gelyk het.
⦁ Skakel vir hulp.
⦁ Indien jou selfoon jou posisie deur middel van die “location” kan bepaal, gee dit ook deur aan die polisie.
⦁ Wanneer dit veilig is, gaan na die gekaapte persoon en bied hulp aan.
⦁ Bly kalm en versigtig.

CrisisOnCall beskik oor verskeie dienste wat kan help tydens en na ʼn kaping, naamlik:

⦁ Krisislyn by ʼn tolvrye nommer waar die persoon wat vermoed word dat hy agtervolg word kan skakel en inligting deurgee. Die persoon by die oproepsentrum sal dan die polisie in kennis stel en wenke gee, waar en soos nodig. Insleepdienste word ook gebruik om op die uitkyk vir die voertuig te wees veral waar ʼn persoon in die voertuig aangehou word.
⦁ Die CrisisOnCall identifikasie-bandjie sal paramedici van alle mediese inligting verskaf indien ʼn lid van CrisisOnCall beseer is tydens ʼn kaping.
⦁ CrisisOnCall dek ook die kostes van paramedici dienste en die ambulans al beskik die lid nie oor ʼn mediese fonds nie.
⦁ Telefoniese mediese advies kan verskaf word terwyl die ambulans oppad is.
⦁ Die reismoniteringsdiens kan ook gebruik word om reisende lede met gereelde intervalle te skakel. Die laaste oproep is altyd wanneer die lid veilig in die huis is.
⦁ Traumaberading word telefonies gebied aan lede wat berading benodig.
Binnekort word ʼn verdere diens bekend gestel wat baie kan help tydens ʼn kaping.
Vir meer inligting oor CrisisOnCall en sy dienste stuur gerus ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za en noem dat jy van ons op Arrive Alive se webwerf gelees het.

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!