4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George

OUDTSHOORN NUUS – Vier mense is met ligte beserings na die hospitaal geneem na ‘n botsing op die George-pad.

Die ongeluk het vanaand voor 19:00 voor Chandelier gebeur.

Die voertuig met die vyf insittendes was vanuit George se rigting onderweg toe die botsing plaasgevind het.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was paramedici besig om twee vroulike insittendes tebehandel.

Volgens inligting wat bekom is het die voertuig probeer uitswaai vir ‘n voertuig wat voor hom begin rook het.
Die motor het met ‘n rotswal aan die teenoorgestelde kant van die pad gebots.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Die ongelukstoneel. Foto’s: Liezl van Niekerk

Posted on by jonckie

Comments Off on 4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George