Wees waaksaam selfs al bly jy in ‘n sekuriteitskompleks

Sekuriteit is vir elke huiseienaar ‘n belangrike aspek om in ag te neem. Meeste van ons is maar te bewus van die gevare van inbraak en geweldsmisdade en ons vind sekuriteit in nommers. Ons voel veiliger waar ons bly tussen ander mense en veral waar daar behoorlike sekuriteit in plek is. Dit het veroorsaak dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees waaksaam selfs al bly jy in ‘n sekuriteitskompleks

Motoreienaars magteloos met versekeringseise teen die immobiliseerder diewe!

Die afgelope maand het ons op verskeie webtuistes en blogs gewaarsku teen diewe wat sogenaamde “jamming” toestelle gebruik om voertuie oop te hou en dan items uit daardie voertuie te steel! Daar is al lank gelede berig dat dit gedoen word, maar die hoeveelheid diefstalle het die laaste paar maande baie toegeneem en die realiteit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoreienaars magteloos met versekeringseise teen die immobiliseerder diewe!

Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Die verkeersirkel is waarskynlik die verkeersmeganisme of aansluiting wat die meeste woede onder bestuurders veroorsaak. Maak nie saak waar jy met ander motoriste ‘n gesprek voer nie – meeste sal erken dat baie Suid-Afrikaanse bestuurders nie weet hoe om te bestuur by ‘n verkeersirkel nie. Die Arrive Alive webtuiste kry gereeld vrae van ontstelde motoriste […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Daar sal altyd ruimte wees vir die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika

Met die “GeselsVersekering” webtuiste wil ons graag die vergrootglas plaas op die versekeringsindustrie en nouer let nie net op spesifieke versekeringsprodukte in die mark nie, maar ook wat dit verg om ‘n professionele diens aan die verbruiker te lewer! Die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika Met hierdie doelwit voor oë het ek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Daar sal altyd ruimte wees vir die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika

Word jou werksvoertuie koste effektief bestuur?

Het jy maatreëls in plek om te verseker dat jou voertuie koste effektief bestuur word. Met tegnologie beskikbaar gestel deur maatskappye in vlootbestuur is dit deesdae maklik om voertuie te monitor. ‘n Goeie vriend van my het ‘n besigheid waar koffiemasjiene gereeld gediens word en waar daar elke dag tussen verskillende besighede gery moet word […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Word jou werksvoertuie koste effektief bestuur?

Jou versekering mag weier om te betaal as gladde bande die ongeluk veroorsaak!

Indien jy bestuur met gladde bande is jy nie net besig om jou eie en ander lewens in gevaar te stel nie, maar heel moontlik ook besig om jou versekeringspremies verniet te betaal! Het jy geweet dat jou versekering net dekking verleen wanneer jou voertuig padwaardig is en jou bande in behoorlike toestand is? ‘n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Jou versekering mag weier om te betaal as gladde bande die ongeluk veroorsaak!

Spesifiseer altyd nuwe waardevolle items by jou versekering!

Is al jou nuwe waardevolle items ingesluit by jou versekeringskontrak? Daardie nuwe selfoon en iPad of rekenaar word te dikwels nie gespesifiseer in ons versekeringspolisse nie en dit lei tot groot ongelukkigheid tussen die versekerde kliënt en sy versekeraar of makelaar! Ek was die afgelope week aangenaam verras hoe bekostigbaar dit kan wees wanneer jy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Spesifiseer altyd nuwe waardevolle items by jou versekering!

Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou

Na die afloop van die feestyd spog baie huishoudings weer met nuwe toestelle. Volgens verskeie internetopnames was juweliersware, CDs, DVDs, kunswerke en selfs nuwe motors van die gewildste geskenke hierdie feestyd. “Behalwe al die duur geskenke wat baie van ons ontvang het, het verskeie Suid-Afrikaners hul welverdiende bonusse gebruik om nuwe toestelle en meubels te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou

Die selfvertroue van diewe maak voertuigversekering ‘n noodsaaklikheid!!

Die media het die afgelope week heelwat blootstelling gebied aan die misdaad voertuigdiefstal. Verlede week het ons die waarskuwing gevind aan motoriste om versigtig te wees wanneer hul die motor sluit met immobiliseerders. Daar is heelwat voertuie gesteel in die Johannesburg omgewing deur diewe wat ander immobiliseerders gebruik om die seine te verwring en die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die selfvertroue van diewe maak voertuigversekering ‘n noodsaaklikheid!!

Boere word aangeraai om hul PPS polisse te hersien

Alle korttermynversekeringspolisse behoort ten minste jaarlikse hersien te word om aanpassings te maak vir o.a. waardevermindering van voertuie. Net so behoort langtermynversekeringspolisse ook jaarliks hersien te word. Boere met ‘n minimum 4-jaar universiteitsgraad in landbou kwalifiseer vir PPS, indien u u professie beoefen, naamlik boer! Waarom is dit belangrik om u polis jaarliks te hersien? […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere word aangeraai om hul PPS polisse te hersien