CrisisonCall bied hulp aan diegene met Alzheimer’s

CrisisOnCall besef die druk waaronder die familie van mense met Alzheimer’s is. Die persoon wat omsien na die pasiënt, in baie gevalle ʼn familielid, funksioneer onder geweldige druk. Verder is Alzheimer’s ook ʼn siektetoestand wat nie altyd verstaan word nie.

CrisisOnCall het ʼn diens waar gesondheidsadvies aan lede verskaf word. Dit behels die verskaf van toepaslike inligting, raad en advies rakende ʼn spesifieke toestand soos Alzheimer’s. Daar is ook telefoniese berading beskikbaar wat spesifiek gemik is op die persoon wat omsien na die Alzheimer’s pasiënt.

Alzheimer’s pasiënte wat wegraak

Alzheimer’s pasiënte raak ook as gevolg van hul siekte toestand maklik weg. Waar begin mens soek?

Verder is mediese- en ander belangrike inligting van onskatbare belang. Die CrisisOnCall identifikasie-bandjie word aan die gewrig van die pasiënt gedra wat dan letterlik namens die persoon praat wanneer hy self nie kan nie.

Die pakket bestaan uit die volgende voordele:

  • CrisisOnCall identifikasie-bandjie.
  • Mediese-, naasbestaandes en ander belangrike inligting by die oproepsentrum.

(Word vertroulik hanteer)

  • Mediese raad en advies.
  • Hulp en bystand oor hoe om met ʼn Alzhiemer’s pasiënt te leef.
  • Hulp wanneer die Alzhiemer’s pasiënt wegraak.
  • Telefoniese berading.

Die jaarpremie, wat die bandjie insluit:

Enkel persoon: R 440.00 (R 80.00 per ekstra familie lid wat onder dieselfde dak woon as die Alzhiemer’s pasiënt.

Navrae: Bemarkingskantoor by 0861 57 47 47

Vir Padveiligheid en Alzheimer’s besoek gerus:

Alzheimer’s and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on CrisisonCall bied hulp aan diegene met Alzheimer’s