Wees versigtig met die golfkarretjie en vierwielmotorfiets binne die sekuriteitskompleks!

Vanoggend het die Arrive Alive webtuiste ‘n epos ontvang van ‘n besorgde inwoner woonagtig in ‘n sekuriteitskompleks. Kommer is uitgespreek rakende veral kinders wat binne die landgoed of kompleks bestuur met vierwielmotorfietse en ‘n gevaar skep vir beide hulself en ander padgebruikers.

Hoewel die email in Engels is wil ek dit graag so aanhaal om die konteks mooi te behou:

“Do you perhaps have any regulations regarding Quad bikes? The law of using these recreational vehicles/public roads etc… I have tried NRTA and thought there might be something on this site.

Kindly assist with any contacts.  We live in an estate and there is constant bickering for and against as there are so many young children riding ATV’s way beyond their capacity to handle and others riding responsibly with helmets etc.  We are trying to impose legal law to protect everybody before a fatality results in action, in order not to jeopardise the legal ones because of illegal activities.

Kind regards”

Veiligheid met voertuie binne ‘n sekuriteitskompleks

Ons het die afgelope jaar vanuit ‘n padveiligheidsoogpunt heelwat aandag geskenk aan die veiligheid van beide golfkarretjies en vierwielmotorfietse of “quad bikes”. Dit is belangrik dat ons hierdie risiko’s verstaan en bereid sal wees om voorkomende maatreëls te tref. Dit is meer as net die voertuie wat beskadig word en die frustrasievlakke van ander inwoners wat verhoog word – die onverantwoordelike en toesiglose gebruik van hierdie voertuie kan lewensgevaarlik wees in die hande van die kleuter!

Dit is nie net die ouer garde wat kla oor die lawaai wat veroorsaak word deur die vierwielmotorfietse nie, maar daar heers groot kommer oor ernstige beserings wat voorkom veral wanneer daar te vinning gedraai en beheer oor die voertuig verloor word. Die beserings is gewoonlik ernstig wanneer die voertuig bo op die bestuuder beland!

Die Arrive Alive webtuiste is bygestaan deur Don Smart, ‘n kundige rakende verkeerswetgewing, en het belangrike inligting geplaas op die Arrive Alive webtuiste ten opsigte van die padreëls wat geld binne hierdie omheinde gemeenskaape en sekuriteitskomplekse.

Hierdie inligting verskyn op ‘n nuwe bladsy onder die titel:

Rules of the Road and Road Safety within Gated Estates

Daar word aanbeveel dat die inwoners in gesprek tree met die bestuur van die landgoed of sekuriteitkompleks en dat daar duidelike riglyne saamgestel word ten opsigte van die reëls – insluitende padreëls binne die landgoed of kompleks ten einde gevare vir almal te verminder!

Vir versekering van hierde voertuie besoek gerus:

Do you need insurance for your golf cart?

Quad Bike Insurance and Accidents

Ons wil graag aanbeveel dat die volgende skakels in Engels ook besoek word vir meer inligting oor veiligheid van veral golfkarretjies en vierwielvoertuie:

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig met die golfkarretjie en vierwielmotorfiets binne die sekuriteitskompleks!