Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?


Weet jy wat is die verskil tussen ‘n debietorder en ‘n stoporder? Kliënte vra gereeld watter betaalmetode die beste is: ʼn debietorder of ʼn stoporder.

Beantwoording van die vraag vereis eers verstaan van die twee betaalopsies. Die definisies van die Bank Ombudsman in vertaalde vorm word gebruik:

Debietorder: ʼn Skriftelike ooreenkoms tussen ʼn kliënt en ʼn maatskappy waarin die kliënt die maatskappy of derde party magtig om geld uit die rekening van die kliënt te trek vir dienste aan die kliënt gelewer. Debietorders kan vir vaste of veranderlike bedrae voorsien.

Stoporder: ʼn Opdrag wat deur die kliënt aan die bank uitgereik word om vaste betalings aan ʼn derde party te maak op ʼn gereelde basis. Die bank handel namens jou op jou instruksie en die derde party het geen magtiging om jou rekening te debiteer soos met ʼn debietorder nie.

Die verskille is soos volg:

Konsep Debietorder Stoporder
Magtiging van betaling Kliënt magtig maatskappy/derde
party
Kliënt magtig bank
Rol van kliënt Kliënt magtig debietordermagtiging Kliënt voltooi stoporderinstruksie
by bank
Rol van maatskappy /
derde party
Administreer en verhaal betalings
soos per debietordermagtiging
Geen rol
Rol van bank Bank keur en evalueer maatskappy/
derde party om debietorders te hef.
Verhaal fondse soos in debietversoek
en betaal oor aan maatskappy/derde
party
Administreer stoporderinstruksie
Voorsiening van fondse Kliënt moet voldoende fondse in
rekening voorsien
Kliënt moet voldoende fondse
in rekening voorsien
Staak van betaling Kliënt kan betaling by bank staak,
moet instruksie na maatskappy/
derde party stuur vir beëindig van
heffings
Staak stoporderinstruksie by
bank
Koste van betaling Goedkoop by meeste handelsbanke,
sekere rekenings uitgesluit vir hef
van debiet orders
Duurder as debietorders
Aanpas van bedrae Maatskappy/derde party maak
aanpassings van bedrae gehef
Kliënt wysig bedrae gehef by
die bank
Betaling geweier Maatskappy/derde party mag debiet
order weer aanbied.
Bank hef boete op nie-betaling
Maatskappy/derde party kan
net met kliënt opvolg oor rede
vir nie-betaling. Bank hef
boete op nie-betaling

[Inligting vanaf CrisisonCall.co.za]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?