Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!!

Hier is padwoede op die R59 by die Boy Louw-afrit  by Vereeniging rigting Meyerton (19 Junie 2018). Let op die wit bakkie in die regterbaan voor my wat, sodra hy langs die kar aan sy linkerkant kom, goeters begin beduie en hom letterlik uit sy baan uit dwing en dan ook rem trap. Toe hy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!!

Vrystaat Landbou vra vir spesiale eenheid ná dubbele plaasmoord in Van Stadensrus

Groter ingryping deur die regering is nodig én ’n spesiale eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet op die been gebring word om plaasmoorde nasionaal te ondersoek om te kyk of dit georganiseerd is of nie. Só sê Tommie Esterhuyse, Vise-president van Vrystaat Landbou (VL), ná ’n sinnelose dubbele plaasmoord, wat die aantal plaasmoorde in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou vra vir spesiale eenheid ná dubbele plaasmoord in Van Stadensrus

Vrystaat Landbou maan landbouers om betrokke te wees by veiligheidstrukture

Vrystaat Landbou (VL) spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie van Klaus Meier, van die plaas Asgard naby Ladybrand, wat vermoor is. VL veroordeel enige vorm van plaasaanvalle en misdade en spreek hom ten sterkste uit teen wat met Meier gebeur het. Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, het sy organisasie se lede […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou maan landbouers om betrokke te wees by veiligheidstrukture

Kriminele steel gras by Oudtshoorn Gholf Klub

Goeie more almal. Iemand het gister middag/aand groot dele gras uit die baan uitgesny en gesteel. Hierdie is n baie ernstige saak en ons vra dat enige iemand wat inligting kan bied wat sal lei tot die vervolging van die oortreders, die klub asb moet skakel by 044 272 4201. Die klub sal enige inligting […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kriminele steel gras by Oudtshoorn Gholf Klub

Selfoon-toepassing se vele funksies verbeter veiligheid

Meer akkurate statistieke, ’n vinniger reaksietyd ná bedreigings en die monitor van misdaad in jou omgewing. Dit is van die funksies wat ’n nuwe veiligheidstoepassing, genaamd Die Plaaswag wat deur Vrystaat Landbou (VL) bekend gestel is, gebruikers kan bied. Volgens Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, werk die toepassing of toep met ’n paniekknoppie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Selfoon-toepassing se vele funksies verbeter veiligheid

Laerskoolleerders beseer in ongeluk buite Albertinia nadat band van minibus bars

‘n Onbekende aantal laerskoolleerders van Westcott Primary is beseer in ‘n ongeluk vroeër vanoggend toe ‘n band van die bussie waarmee hulle vanaf Knysna na Dieprivier onderweg was, blykbaar gebars en die voertuig die pad verlaat en gerol het. Dit het op die N2 buite Albertinia gebeur. Die leerders is na Riversdal-hospitaal geneem. Twee is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Laerskoolleerders beseer in ongeluk buite Albertinia nadat band van minibus bars

Gholfdag-geld spreek landbouveiligheid deur VKB VL lessenaar aan

In 2018 is daar reeds ses plaasaanvalle in die Vrystaat voorkom danksy goeie samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en landelike gemeenskappe. Dit is volgens die VKB VL Veiligheidslessenaar se inligting en beklemtoon die rol wat dit speel om landelike veiligheid te bevorder. Veiligheid is ’n groot uitdaging vir die landbousektor en dié lessenaar verbeter […]

Posted on by Media

Comments Off on Gholfdag-geld spreek landbouveiligheid deur VKB VL lessenaar aan

Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar vir 2018 sien die groter prentjie

Die spel se reëls is vir almal dieselfde. Dit hang net af hoe jy hom speel. Dié benadering is een wat Nelius Ferreira op sy plaas toepas en vorm deel van sy sukses-resep. Die nuwe Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar meen boonop harde werk is belangrik. “Ons boerdery se sukses lê in: Wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar vir 2018 sien die groter prentjie

Identifikasie uit die oogpunt van ‘n paramedikus

Ek was uitgestuur na ‘n fratsongeluk in die Ooste van Pretoria waar ek ‘n jong dame gevind het wat ‘n professionele perderuiter is. Sy was besig om te oefen toe die perd haar afgegooi het waar sy neurologiese aanvalle gehad het met tekens van erge hoofbeserings. Die pasiënt was baie deurmekaar en was nie bewus […]

Posted on by Media

Comments Off on Identifikasie uit die oogpunt van ‘n paramedikus

Gebruik van Tegnologie volgens luisteraar een van die manie om padsterftes te verminder

So praat ons saam in Afrikaans dat die spoeg spat … ander doen dit in Engels en bereik niks. Hierdie is nie ʼn advertensie nie maar ʼn eerlike opregte bydrae tot die vermindering van pad-sterftes en padongelukke. Miskien het u die vorige bydrae as ʼn advertensie gesien en sonder om dit te lees uitgewis … […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Gebruik van Tegnologie volgens luisteraar een van die manie om padsterftes te verminder