Identifikasie uit die oogpunt van ‘n paramedikus

Ek was uitgestuur na ‘n fratsongeluk in die Ooste van Pretoria waar ek ‘n jong dame gevind het wat ‘n professionele perderuiter is. Sy was besig om te oefen toe die perd haar afgegooi het waar sy neurologiese aanvalle gehad het met tekens van erge hoofbeserings. Die pasiënt was baie deurmekaar en was nie bewus van haar omgewing nie. Ek moes haar lugweg beheer deur middel van inkubasie. Ons kon geen inligting van die pasiënt kry nie as gevolg van die hoofbesering.

Die pasiënt kon nie vir haarself praat op die toneel nie. In die geval weet ek as paramedikus nie of die pasiënt op ʼn mediesefonds is nie. Die naaste staatshospitaal het nie noodwendig die regte Neurochirurg nie en die pasiënt het moontlik die tipe behandeling nodig gehad.

Ek is ook nie bewus waarvoor sy allergies is nie en ek het ook geen kontak met haar naasbestaandes nie. Ek weet niks van my pasiënt nie, behalwe dat sy baie ernstig beseer is en dat ek net my mediese behandeling kan toepas. Dalk was sy op ‘n mediese fonds? Wat die situasie meer vererger het is die feit dat die toneel ver op ‘n grond pad uit was. Die gebruik van mediese-lugvervoer sou ideaal gewees het, maar ek het geen bewys van ʼn mediesefonds nie.

Indien sy ‘n CrisisOnCall armbandjie aangehad het dan het dit haar situasie verbeter en my verantwoordelikheid as ‘n Paramedikus vergemaklik. Ek is selfs meer as twee jaar ‘n lid van CrisisOnCall. Ek glo in hulle dienste en dit het al menigte male ‘n verskil gemaak in ‘n pasiënt se lewe wat ek behandel het.
Tyd is lewe en tyd red lewens.

Posted on by Media

Comments Off on Identifikasie uit die oogpunt van ‘n paramedikus