Selfoon-toepassing se vele funksies verbeter veiligheid

Meer akkurate statistieke, ’n vinniger reaksietyd ná bedreigings en die monitor van misdaad in jou omgewing.

Dit is van die funksies wat ’n nuwe veiligheidstoepassing, genaamd Die Plaaswag wat deur Vrystaat Landbou (VL) bekend gestel is, gebruikers kan bied.

Volgens Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, werk die toepassing of toep met ’n paniekknoppie en sal dit VL se lede, landbouers én die publiek help om veiligheid te verbeter.

Dit kan boonop ook eers vir ’n gratis proeftydperk van 30 dae afgelaai word. Die toep, waarvan VL ’n vennoot is, is deur ’n tegnologiemaatskappy Piri ontwikkel en kos slegs R24.99 per maand. Dit kan by die Google Play Store of die App Store afgelaai word.

“Dit het ook ten doel om akkurate misdaadstatistieke te versamel waarmee VL leiding kan neem in die bekamping van misdaad in die Vrystaat,” sê Kriel. Alle voorvalle wat daarop gelaai word, word aan VL deurgegee. Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, analiseer weekliks die data om bedreigings te identifiseer.

Kriel sê die toepassing is egter nie net vir landbouers van waarde nie. Enige lid van die publiek kan dit aflaai en dit kan ook in stede en dorpe gebruik word.

“Die eenvoudigheid van die toep maak dat dit makliker gebruik kan word deur bestaande plaaswag-strukture. Dit kan reaksietyd ná bedreigings verlaag en veiligheid in die gemeenskap verbeter,” sê Rian Bothma van Piri.

Volgens Buys word die toep aan ’n beheerkamer gekoppel. Wanneer die paniekknoppie gedruk word, word boodskappe aan 25 gekose nommers vanaf die selfoon gestuur. Die selfoon bel ’n noodnommmer van die gebruiker se keuse en terselfdertyd skakel die beheerkamer ook vier gekose noodnommers.

Dit gee aan die betrokke mense ook die GPS koördinate van waar die persoon in nood is.

“Verder maak dit ook voorsiening vir die laai van misdaad-insidente op landbougrond en kan jy ook versoek om in ’n sekere radius, byvoorbeeld van 10-300km, al die ander misdade in jou omgewing waar te neem,” sê Buys.

Met die toep kan die gebruiker ook ’n selfoon deur die beheerkamer laat volg wanneer hy of sy op reis is.

Mobile application’s many features enhance safety

More accurate statistics, quicker response time after threats and the monitoring of crime in your area.

These are some of the features that a new security application, called Die Plaaswag which was introduced by Free State Agriculture (FSA), offers users.

According to Gerhard Kriel, Chief Executive Officer of FSA, the application or app has a panic button and will help FSA members, farmers and the public to improve safety.

It can be downloaded for a free trial of 30 days. The application, of which FSA is a partner, was developed by a technology company Piri and costs only R24.99 a month. It can be downloaded from the Google Play Store or the App Store.

“It also aims to gather accurate crime statistics that can help FSA fight crime in the Free State,” says Kriel. All incidents that are loaded on the application are submitted to FSA. Dr Jane Buys, Safety and Risk Analyst at FSA, analyses weekly data to identify threats.

Kriel says the application is not just for farmers. Any member of the public can download it and it can also be used in cities and towns.

“The simplicity of the application makes it easy to use with existing farming structures. It can reduce response time after threats and improve safety in the community,” says Rian Bothma of Piri.

According to Buys the application is linked to a control room. When the panic button is pressed, messages are sent to 25 selected numbers from the mobile phone. The mobile phone dials an emergency number of the user’s choice and at the same time the control room also dials four selected emergency numbers.

It also provides the people contacted the GPS coordinates of where the person in distress is.

“It also provides for the loading of crime incidents on agricultural land, and you may also request to observe all other crimes in your area in a certain radius, for example from 10-300km,” says Buys.

With the app, the user can be tracked with a mobile phone while traveling.

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Selfoon-toepassing se vele funksies verbeter veiligheid