Styging van plaasaanvalle en moorde in die Vrystaat in 2020

Vrystaat Landbou (VL) het plaasaanvalle en -moorde vir 2020 geanaliseer en sal in Maart ʼn volledig verslag bekendstel. Die landbougemeenskap is bekommerd oor die styging in aanvalle en moorde wanneer 2020 met 2019 vergelyk word. Hierdie styging is duidelik ten spyte van drie maande se harde grendeltydperk en ʼn aandklokreël in 2020. ʼn Algehele verhoging […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Styging van plaasaanvalle en moorde in die Vrystaat in 2020

Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Die bestuurder en die passasier van ‘n bakkie is Sondagmiddag omstreeks 14:50 in ‘n ongeluk beseer. Hulle was met ‘n vrag gevriesde hoender van Oudtshoorn na Graaf Reinette onderweg toe die ongeluk ongeveer 30 km buite De Rust op die pad na Willowmore gebeur het. Dit blyk dat ‘n agterband van die bakkie gebars het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Grondbesit: Regering se opregtheid moet bevraagteken word

Die regering se grondbeleid, as instrument om individuele grondbesit in Suid-Afrika te verhoog, kan nie ernstig opgeneem word nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) na die onlangse publikasie oor die Wetsontwerp op Onteiening. Volgens VL-president, Francois Wilken, bedreig die nuwe onteieningswetsontwerp alle Suid-Afrikaners se regte op eiendom. Spesifiek die eiendomsreg van arm […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Grondbesit: Regering se opregtheid moet bevraagteken word

Plaasaanvallers poog om voorman in septiese tenk te verdrink

Die 77-jarige plaasvoorman, mnr. Simon Makhotha, was op Sondag, 17 Januarie 2021, die teiken van ʼn plaasaanval op Harrisdale in die Zastron-gebied. Makhotha is omstreeks 20:00 deur drie persone oorrompel, aangerand en met messe gesteek. Toegang tot die plaaswoonhuis is verkry, waarna Makhotha vasgebind en verder gemartel is. Nadat die plaaswoonhuis van etlike besittings geplunder […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Plaasaanvallers poog om voorman in septiese tenk te verdrink

Vrystaat-vloede: padinfrastruktuur verkrummel

Vrystaat Landbou (VL) het gewaarsku dat die Vrystaatse provinsie se padinfrastruktuur in ‘n ernstige toestand is. VL het ‘n dringende brief aan die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer gerig en gevra dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel. Dié optrede kom omdat die onlangse oorstromings in die provinsie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-vloede: padinfrastruktuur verkrummel

Reën in Vrystaat: Boere dankbaar, maar vloede rig skade aan

Die meeste boere in die Vrystaat juig oor die goeie reën wat die afgelope tyd in die provinsie voorgekom het, maar saam met die reën kom ook talle uitdagings. Soos die toestand van paaie in die landelike gebiede en skade aan oeste. Volgens ’n opname wat Vrystaat Landbou onder die organisasie se streekverteenwoordigers gedoen het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Reën in Vrystaat: Boere dankbaar, maar vloede rig skade aan

Vrystaat steier onder 10 plaasmoorde sedert April 2020

Die onlangse plaasmoord van Poenkie Bisset van Smithfield, bring die aantal plaasmoorde in die Vrystaat op tien te staan. Die Vrystaat is gedurende 1 April tot 30 November 2020 deur 53 plaasaanvalle op landbougrond geruk. Die Bisset moord te Smithfield is die 10de moord op landbougrond sedert April 2020. Volgens dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat steier onder 10 plaasmoorde sedert April 2020

Drie plaasaanvallers dood na jaagtog en skietery naby Lichtenburg

Vier gerdagtes het twee blanke rylopers in Lichtenburg met wapens in hulle voertuig gedwing. Hulle toe na die plaas Bloedzuierspan toe waar die blankes gedwing was om Antoon van Rensburg (78) uit die huis te lok. Die vier verdagtes het toe die huis bestorm, geld en wapens ge-eis. Hulle het uit die huis gevlug nadat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie plaasaanvallers dood na jaagtog en skietery naby Lichtenburg

Verbeter jou veiligheid met hierdie wenke

Veiligheid op landbougrond was die afgelope tyd onder die vergrootglas en met goeie rede! Met die feestyd op hande, moet boere en plaasbewoners ekstra paraatheid aan die dag lê. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), is dit krities belangrik dat landbouers hul paraatheid moet opskerp, waarneem wat om hulle aangaan en geen […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verbeter jou veiligheid met hierdie wenke

7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn

Die Oudtshoorn-polisie het by navrae bevestig dat ‘n klag van strafbare manslag teen die bestuurder van ‘n voertuig geopen is na ‘n 7-jarige seun vanoggend in Dassieweg doodgery is. Na bewering was die 26-jarige bestuurder op pad om sy vriendin se kinders by die skool af te laai toe die ongeluk gebeur. Volgens die bestuurder, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn