Nog ‘n oorwinning vir Toyota Gazoo Racing SA

Heildelberg in Gauteng was die naweek die gasheer vir die vyfde ronde van die 2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap waar Leeroy Poulter en sy navigator, Elvéne Coetzee, hul vyfde agtereenvolgende algehele oorwinning losgejaag het. Die renspan van Toyota Gazoo Racing SA in samewerking met Total Quartz het ’n gebeurtenisvolle dag gehad, maar uiteindelik agt van die byeenkoms […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nog ‘n oorwinning vir Toyota Gazoo Racing SA

Nuwe Hilux in Julie weereens SA se topverkoper-voertuig

  Motorkopers het altesaam 3 153 nuwe Hilux-bakkies in Julie opgeraap wat dit Suid-Afrika se gunsteling-voertuig gemaak het en sy naaste bakkie-mededinger met meer as 840 eenhede oortref het. Dit het gehelp om Toyota se nuwevoertuigverkope tot 10 224, ofte wel 3 410 aflewerings meer as die naasbeste motorvervaardiger, te verhoog. Dit kom neer op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Hilux in Julie weereens SA se topverkoper-voertuig

Welslae vir Toyota Gazoo Racing SA in Lichtenburg 450

Toyota Gazoo Racing SA, in samewerking met Total Quartz, is steeds onoorwonne ná vier rondes van die 2016-Donaldson-veldtydrenkampioenskap. Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie, het hul vierde agtereenvolgende oorwinning in die Lichtenburg 450, wat die naweek van 29 en 30 Julie 2016 beslis is, aangeteken. Hul spanmaats, Anthony Taylor en Dennis Murphy, was weer […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Welslae vir Toyota Gazoo Racing SA in Lichtenburg 450

Toyota Hilux die amptelike ondersteuningsvoertuig in ononderbroke ballonvaart om die wêreld

• Fedor Konyukhov het sy ballonvaart om die wêreld suksesvol voltooi en op 23 Julie om 11:11 Russiese tyd naby die klein dorpie Bonnie Rock geland • Die bekende Russiese avonturier het die wêreldrekord verbeter deur in net elf dae reg om die aardbol te sweef. Die vorige rekord, wat 14 jaar gelede deur die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Hilux die amptelike ondersteuningsvoertuig in ononderbroke ballonvaart om die wêreld

Volspoed vorentoe vir Toyota Gazoo Racing SA in Lichtenburg 450

Dit is volstoom vorentoe vir die onoorwonne Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie, in die Donaldson-veldtydrenkampioenskap terwyl die span hulle op hierdie naweek se Lichtenburg 450 voorberei. Poulter/Howie het hul Toyota Gazoo Racing SA Hilux, met die steun van Total Quartz, nog in elke ronde van die 2016-seisoen tot dusver tot oorwinning aangevoer. Dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Volspoed vorentoe vir Toyota Gazoo Racing SA in Lichtenburg 450

Al-Attiyah/Baumel wen Baja Aragon-veldtydren in Spanje in Toyota Hilux

Die Qatari-renlegende Nasser Al-Attiyah, met sy navigator Mathieu Baumel langs hom, het die naweek die Baja Aragon in Spanje gewen – hul vierde agtereenvolgende oorwinning in die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux. Hulle het die openingsronde van die reeks oor nege rondes misgeloop, maar is desnieteenstaande los voor die kampioenskap. Hulle was voor die Baja Aragon […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Al-Attiyah/Baumel wen Baja Aragon-veldtydren in Spanje in Toyota Hilux

Toyota and Hino slaan goud los by NADA Toekennings

Toyota en Hino Suid-Afrika het goud by die Nasionale Voertuighandelaarsvereniging (NADA) se toekennings vir die handelaarstevredenheidsindeks op 14 Julie 2016 ontvang. “Ons vennootskap met ons handelaars is ’n kritieke deel van ons onderneming. Ons doen ’n ongelooflike hoeveelheid moeite om te verseker ons het ’n gesonde verhouding met ons handelaars. Ons gedeelde waardestelsel verseker dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota and Hino slaan goud los by NADA Toekennings

Welslae vir Toyota Gazoo Racing SA in 2016-Volkswagen Tydren

Die vierde ronde van die 2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap, die Volkswagen-tydren, het tot die vierde agtereenvolgende oorwinning vir Toyota Gazoo Racing SA in samewerking met Total Quartz se jaers Leeroy Poulter en Elvéne Coetzee gelei, wat hulle skoonskip tot dusver in 2016 laat maak het. Hul spanmaats, Giniel de Villiers en Carolyn Swan, het as naaswenners […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Welslae vir Toyota Gazoo Racing SA in 2016-Volkswagen Tydren

2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap verskuif nou na Oos-Kaap

Die 2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap verskuif nou na die Oos-Kaap vir die vierde ronde van die reeks, die Volkswagen-tydren op 15 en 16 Julie. En Toyota Gazoo Racing SA, in samewerking met Total Quartz, is oorgehaal om van die skouspelagtigste en uitdagende tydren-sneltrajekte op die kalender aan te durf. Leeroy Poulter sowel as Giniel de Villiers […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap verskuif nou na Oos-Kaap