Toyota Suid Afrika se gunsteling voertuigfabrikaat

toyota_1800x1800

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het die Sunday Times se topfabrikaat-toekenning as motorfabrikaat met die beste aansien in die Verbruikersafdeling in 2016 opgeraap. Dit is die tweede keer dat TSAM ’n toekenning in hierdie afdeling losslaan. Die 2016-peiling se uitslag is Dinsdag by ’n uithanggeselligheid in Sandton aangekondig waar topfabrikate in die sake-en verbruikerswêreld ingevolge duisende onderhoude aangekondig is.

Die wenfabrikate word deur verbruikers en besluitnemers in die sakewêreld gekies, wat dit in ’n landwye peiling as die beste in elke kategorie aanwys. Volgens Times Media, die moedermaatskappy van Sunday Times, dui die jongste neigings onder Suid-Afrika se topfabriekate daarop dat die moeilike ekonomiese klimaat verbruikers weg van nuwighede terug na produkte wat hulle vertrou, gedruk het.

“Dit is vir die Toyota-fabrikaat ’n belangrike prestasie om ’n Sunday Times-topfabrikaattoekenning te wen,” sê Kerry Roodt, hoofbestuurder van bemarkingskommunikasie by TSAM.

“Die vermoë om ’n stewige posisie te handhaaf en in ’n relatiewe uitdagende ekonomiese klimaat voort te beur, is wat Toyota van ander fabrikate onderskei. Ons is die Suid-Afrikaanse mark oneindige dank vir hul ononderbroke steun verskuldig, en dit is en bly ons filosofie en missie om altyd en oral waar ons met ons klante omgaan, vir glimlagte te sorg,” sê Roodt.

“Daar is geen twyfel dat om die penetrasie van ’n handelsnaam in só uiteenlopende en ontwikkelende mark soos ons s’n te meet, ’n massiewe uitdaging is nie. Om daardie rede sal sommige fabrikate of ’n gedugte taak hê of ’n platform kry om hulself die vraag af te vra of hul huidige inisiatiewe werklik in die smaak van verbruikers val of nie.”

Roodt sê hoewel TSAM se verkope- en bemarkingspanne hierdie soort erkenning baie waardeer en uiters bemoedigend vind, sou nie een van die maatskappy se prestasies moontlik gewees het sonder dat almal hulle agter die Toyota-handelsnaam skaar nie.

“Ek wil ook graag erkenning gee aan almal wat ons fabrikaat tradisioneel ondersteun – met inbegrip van die Toyota-Motorkorporasie in Japan, al die afdelings by die hoofkantoor, ons kollegas by die Prospecton-aanleg, en die handelaarsnetwerk regdeur die land. Dit is altyd fantasties om te sien wat vermag kan word wanneer ons as span saamwerk,” sê sy.

Met ander woorde ‒ om verbruikersentiment te bepaal, stel dit fabrikate soos Toyota in staat om hul inherente waarde beter te waardeer. Volgens TNS Suid-Afrika, die navorsingsmaatskappy wat die peiling vir Sunday Times hanteer, maak die benadering wat TNS gebruik “meer bruikbare bemarkingsinsigte moontlik: ’n fabrikaat kan bepaal hoe verbruikers dit meer of minder as die gemiddelde ervaar – ’n tydige waarskuwing vir party, en ook ’n aanduiding van die verbintenis wat mense met ’n handelsnaam het”.

Nog iets wat noemenswaardig is, is dat die verbruikerspoel wat vir die 2016 Sunday Times-handelsnaamtoekennings gebruik is, uit 3500 onderhoude bestaan het, waarvan 2500 in Suid-Afrikaanse stedelike gebiede was, terwyl die oorblywende 1000 in buitestedelike omgewings was.

Die poel het ook 502 C-vlak-sakebesluitnemers behels, onder wie uitvoerende hoofde, finansiële hoofde en bedryfshoofde van groot en klein maatskappye regdeur die land.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid Afrika se gunsteling voertuigfabrikaat