Toyota and Hino slaan goud los by NADA Toekennings

toyota-day2-68-hr_880x500

Toyota en Hino Suid-Afrika het goud by die Nasionale Voertuighandelaarsvereniging (NADA) se toekennings vir die handelaarstevredenheidsindeks op 14 Julie 2016 ontvang.

“Ons vennootskap met ons handelaars is ’n kritieke deel van ons onderneming. Ons doen ’n ongelooflike hoeveelheid moeite om te verseker ons het ’n gesonde verhouding met ons handelaars. Ons gedeelde waardestelsel verseker dat ons aanhoudend kommunikeer en voortdurend verbeter. Ons is in die gees hiervan baie trots met ons vertoning vanjaar aangesien dit deur die puntetoekenning op die handelaarstevredenheidsindeks weerspieël word. Ons onderneem dat ons sal voortgaan om ons verhoudings, stelsels en steun aan ons handelaarskappe te verbeter,” sê Calvyn Hamman, senior vise-president van verkope en bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

Toyota het in die afdeling vir passasiersmotors en ligte handelsvoertuie merkbaar verbeter met sy telling wat met 2,7% teenoor dié van 2015 tot ’n algehele 83,2% verbeter het. Dit is net 0,3% laer as die nommereen-posisie.

“Hierdie verbetering is ’n aanduiding van die deeglike handelaarsprogramme wat in verskillende dele van ons onderneming in werking gestel is. Ons kan aan die hand van uitgebreide interaksie met ons handelaars en ’n ontleding van die 2015-verslag die gebiede wat kommer gewek het, bepaal en waardevolle maatreëls in ons besigheids- en handelaarsprohgramme in plek stel. Ek is daarvan oortuig dat dit die rede vir die styging in ons telling is. Ek erken die handelaarsrol in ons onderneming en besef dat ons steun tot beter steun aan ons klante sal lei en klante uiteindelik meer sal laat glimlag,” sê Hamman.

Hino het sy telling op soortgelyke wyse met 1,8% verhoog om 83,6% in 2016 te haal. Hino het ook ’n goud losgeslaan.

NADA in Suid-Afrika bepaal handelaars se tevredenheid met voertuigvervaardigers, en doen dié peiling al sedert 2003. Die algehele bedryfsgemiddelde het in 2016 met 0,3% tot 72,7% gestyg.

Die peiling onder handelaars word op dertien verskillende fokusgebiede gedoen, waaronder poliseise en waarborge, kommunikasie en verhoudings, voertuigreeks, onderdele en steun in die media, om net ’n paar te noem.

“Toyota Suid-Afrika Motors sal voortgaan om puik verhoudings met die handelaars te bou en hulle in hul ondernemings ondersteun. Dit sal tot goeie klanteverhouding lei. Ons wil nie oorgerus wees nie ‒ ons sal daarna streef om aanstaande jaar selfs nog beter te vaar,” sluit Hamman af.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota and Hino slaan goud los by NADA Toekennings