2 Rowers dood en nog 2 beseer in jaagtog en skietgeveg met polisie

Twee gewapende rowers is dood en twee is beseer na hulle verlede Vrydag in ‘n skietgeveg met die polisie betrokke was. Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die vyf mans na bewering ‘n winkel in Van Wyksdorp met wapens beroof. “Drie mans het met wapens die winkel binne gekom en ‘n 24-jarige vrou en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 2 Rowers dood en nog 2 beseer in jaagtog en skietgeveg met polisie

Voertuig rol tussen Oudtshoorn en De Rust

Die omstandighede van ‘n botsing vroeër vanoggend op die De Rust-pad, waar een voertuig gerol het, is onbekend. Twee voertuie, ‘n Opel en ‘n Hyundai, was vanoggend in De Rust se rigting onderweg toe die ongeluk gebeur het. Beide voertuie het die pad verlaat en die Opel het gerol. Met die aankoms van die Oudtshoorn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Voertuig rol tussen Oudtshoorn en De Rust

Passasiers vlug van ongelukstoneel met krat bier

Minute nadat die bestuurder van ‘n Jetta in ‘n muur vasgery het, het hy en sy passasiers in ‘n ander voertuig van die toneel gevlug. Volgens ooggetuies wat nader gehardloop het, het die insittendes nie seergekry nie. Hulle het glo ‘n krat met bier uit die Jetta oorgelaai in ‘n wit Golf wat agter hulle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Passasiers vlug van ongelukstoneel met krat bier

5 Sterf in trompopbotsing op N2, Stilbaai

Vyf mense is vanoggend dood in ‘n trompopbotsing tussen twee motors naby die Stilbaai-afdraai op die N2. Dit blyk of vier van die insittendes in die een motor verkool het, en ‘n passasier in die tweede voertuig, ‘n Tata-motor, oorlede is. Die bestuurder van die Tata-motor is in die hospitaal opgeneem. Die N2 is oop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 5 Sterf in trompopbotsing op N2, Stilbaai

Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik

Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik Baie keer dink mense dat hul genoegsaam geïdentifiseer sal kan word wanneer trauma toeslaan. Daar is ʼn motorplakker op my voertuig se ruit, ek het my beursie, handsak en selfoon byderhand. Motorplakker – Die plakker bevat nie die lidnommer nie en koppel nie met ʼn spesifieke persoon in die voertuig […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik

Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp

‘n Tweede botsing met ‘n dier in vier dae het Sondagaand op die Calitzdorppad plaasgevind. ‘n Ambulans wat met ‘n pasiënt na George onderweg was het omstreeks 20:10 teen ‘n bees, wat oor die pad geloop, het vasgery. Die bees was een van drie beeste wat iewers langs die pad deur ‘n heining gekom het. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp

4 Beseer in botsing na beweerde onwettige verbygaan op sperstreep

Vier werknemers van Eden-distriksmunisipaliteit is vanoggend omstreeks 05:45 beseer toe die bus waarin hulle onderweg was in ‘n botsing betrokke was met ‘n bakkie. Die bestuurder van die bakkie het op ‘n sperstreep en in ‘n draai ‘n vragmotor verbygesteek en die aankomende bus reg van voor getref. Vier passasiers in die bus is lig […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 4 Beseer in botsing na beweerde onwettige verbygaan op sperstreep

Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

‘n Botsing naby Dysselsdorp op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust het vanoggend omstreeks 05:00 die lewe van ‘n jong man geëis. Glenton Swarts en Heino Pietersen was vanaf De Rust na Oudtshoorn onderweg toe hulle Toyota Tazz die pad verlaat het, gerol het en teen ‘n groot boom gebots het. Swarts het bestuur […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

9 Beseer na minibus rol tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp

9 Mense is lig beseer toe ‘n minibus waarin hulle was vanoggend net na 08:00 tussen Dysselsdorp en Oudtshoorn omgeslaan het. Die bussie het ongeslaan nadat ‘n agterband gebars het. Die bussie was een van twee voertuie wat ‘n kerkgroep van die Mighty Men-saamtrek in Middelburg vervoer het. Hulle was onderweg na Belville. Die bussie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 9 Beseer na minibus rol tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp

Toyota Gazoo Racing SA eerste in derde ronde van die Afrika-Tydrenkampioenskap

  Eerste in Klas R2 vir Botterill/Vacy-Lyle Eerste in derde ronde van die Afrika-Tydrenkampioenskap (ARC) Eerste 1 600cc-motor wat ’n ronde van die ARC wen SABIE – Die verdedigende kampioene in Klas S1600 – wat nou as Klas R2, Suid-Afrika se voorste tydrenklas vir 2017, bekend staan – Guy Botterill en Simon Vacy-Lyle, het ’n oortuigende […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA eerste in derde ronde van die Afrika-Tydrenkampioenskap