Passasiers vlug van ongelukstoneel met krat bier

Minute nadat die bestuurder van ‘n Jetta in ‘n muur vasgery het, het hy en sy passasiers in ‘n ander voertuig van die toneel gevlug.

Volgens ooggetuies wat nader gehardloop het, het die insittendes nie seergekry nie.

Hulle het glo ‘n krat met bier uit die Jetta oorgelaai in ‘n wit Golf wat agter hulle gery het en in die rigting van Rooiheuwel weggejaag.

Die botsing het by die berugte kanaal naby die stasie gebeur waar verskeie botsings reeds plaasgevind het.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Passasiers vlug van ongelukstoneel met krat bier

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :